Rykstes op aarde pas almal maklik in dubbeldekkerbus

Deel op
doubledecker
Die heel rykstes kan maklik almal inpas

Die wêreld se 85 rykste mense het soveel geld soos die 3,5 miljard armste mense op die planeet, of die helfte van die wêreld se bevolking .

Dit is volgens Oxfam se jongste verslag oor die risiko’s van die kloof tussen die superrykes en die armes.

Die verslag is Maandag vrygestel en is saamgestel deur Oxfam, ‘n internasionale Britse organisasie wat teen armoede en ongelykheid agiteer.

Die dokument fokus op die omvang van wêreldwye ekonomiese ongelykheid wat glo veroorsaak word deur die vinnig groeiende welvaart van die rykste mense.

Hulle hou volgens Oxfam ‘n bedreiging in vir “menslike vooruitgang”.

‘n Totaal van 210 mense het miljardêrs geraak verlede jaar en hulself by die bestaande 1426 miljardêrs met ‘n gesamentlike netto waarde van $5,4 triljoen gevoeg.

Volgens die Oxfam-data het die rykste 1 persent van mense regoor die wêreld 65 keer die totale rykdom van die onderste helfte van die planeet se bevolking.

Dit bied ‘n aansienlike bedreiging vir inklusiewe politieke en ekonomiese stelsels, lui die verslag.

In die 21ste eeu kan die buitengewone klein elite almal gemaklik op ‘n dubbeldekkerbus inpas, ” het Oxfam hoof uitvoerende Winnie Byanyima by ‘n nuuskonferensie gesê .

Die verslag sal by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos wat later hierdie week begin, voorgelê word.

Sedert die laat 1970’s, het die belastingkoers vir die rykste gedaal in 29 uit 30 lande waarvoor data beskikbaar is, volgens Oxfam.

‘n Opname in ses lande, waaronder die VSA, die Verenigde Koninkryk, Spanje, Brasilië, Indië en Suid-Afrika het getoon dat ‘n meerderheid van mense glo dat die wette ten gunste van die rykes geld en dat hulle te veel invloed het.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.