‘Bafana-Bafana is nikswerd verloorders’

Deel op
Isegund raadop
Isegund raadop

President Jacob Zuma het die uitbarsting van die minister van Sport, Fikile Mbalula weerlê dat iets drasties verkeerd is met die land se nasionale sokkerspan.

Die Bafana-Bafana is in die groepfase van die Afrika Kampioenskapsbeker uit die toernooi geskakel na hulle teen Nigerië met 3 -1 verloor het.

Mbalula het gesê dis nie die afrigting nie, maar die gehalte van die groep wat veel te wense oorlaat. “Ons het ‘n krisis van monumentale proporsies,” het hy gesê.

Hy wou hulle nie eens gaan groet na afloop van die wedstryd nie, het hy gesê.

Hy het die spelers uitgekryt as nikswerd verloorders voor ‘n groot skare verslaggewers.

Die president van SAFA, Danny Jordaan het gesê die spankultuur moet in sy geheel hersien moet word. Hy het geskimp dat die afrigter die trekpas moet kry.

Die president het in ‘n onderhoud op ‘n SAUK-radiostasie gesê die span het drasties verbeter en het die land se steun nodig.

Hy het ook sy steun aan die beleerde afrigter, Gordon Igesund, gegee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.