Polisie moet vermeende kinderverkragter teen skare beskerm

Deel op

rape8‘n Swart verdagte wat aangekla word van die verkragting van ‘n nege-jarige meisie, verskyn vandag in die Bellville landdroshof naby Kaapstad.

NUUT!

Die meisie het die aanval oorleef. Haar aanvaller het haar tussen die bosse langs die R300-snelweg aan die brand gesteek. Sy is Sondag lewend deur familielede gevind.

Die sewe-en-twintigjarige man het glo Saterdag die kind in ‘n oop stuk veld by Delft verkrag en daarna aan die brand gesteek.

Die polisie het die verdagte Sondag in hegtenis geneem nadat die meisie opgespoor is.

Daar was die afgelope paar weke minstens twee voorvalle waar kinders wreedaardig aangerand of vermoor is.

Die Delft-gemeenskap eis dat die regering die veiligheid in die gebied opskerp

Die verdagte word aangekla van verkragting en poging tot moord.

Lede van die buurtwag het ’n burgerlike inhegtenisneming gemaak, maar moes die verdagte toesluit om hom van die woedende Delft-inwoners te beskerm, wat self met die vermeende verkragter wou afreken.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.