Weste blind vir Nazi’s in Oekraïene

Deel op

nazikievDie Weste hou hulself blind vir neo-Nazi’s wat in Kiëf betoog om by die EU aan te sluit.

Die Oekraïense betogers bots met die polisie in die hoofstad na duisende mense aan ‘n anti-regeringsbetoging oor die naweek deelgeneem het, omdat hulle nie deel wil wees van die Russiese federasie nie.

Die mees aggressiewe groep betogers, wat bekend staan ​​as ultra-nasionaliste, het die polisie met brandbomme en klippe bestook.

Die president van die Oekraïne, Wiktor Yanukowitsj, het ‘n verklaring uitgereik waarin hy die geweld tussen die polisie en teen-regeringsbetogers veroordeel.

Hy sê dit hou ‘n bedreiging vir die hele land in.

Hy het ‘n oproep om vreedsame gesprek gedoen, nadat ‘n vooraanstaande opposisie-figuur, die wêreldberoemde bokser, Witali Klitsjkow alle Oekraïners aangespoor het om by die betoging aan te sluit.

Klitsjkow sê hulle moet veg vir die toekoms van hul land.

Die toneel naby die parlement is steeds gespanne, met skermutselinge tussen die onlustepolisie en betogers.

Skokgranate en rubberkoeëls is vroeër afgevuur, om tussen 200 en 400 vasberade betogers te verwilder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.