Plaasmoord: Twee in Gauteng vasgetrek na Barkly-Oos-aanval

Deel op

 plaasmoorde1Twee vermeende swart plaasaanvallers sal Dinsdag na verwagting in die landdroshof op Barkly-Oos verskyn ná die moord op ’n boer, Sarel Pretorius, verlede week.

Pretorius is verlede Dinsdag op die plaas Roodepoort vermoor. Sy vrou is in ’n badkamer toegesluit deur dieselfde aanvallers.

Die polisie in die Oos-Kaap het Maandag gesê hulle het ‘n intensiewe soektog na die moordenaars van stapel gestuur.

Speurders het die twee swart mans – 27 en 32 jaar oud – in Gauteng opgespoor. Die polisie het beslag gelê op twee 9 mm-pistole en kontant wat in hul besit gevind is.

Een van die vermeende plaasaanvallers het glo op die plaas grootgeword en in die gebied gewerk.

“Die speurspan het sonder ophou gewerk en inligting opgevolg wat gelei het tot die inhegtenisneming Saterdag van die twee vermeende moordenaars in Hillbrow, Gauteng… enkele dae ná die voorval aangemeld is,” het Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.