Lyk langs elektriese substasie gevind

Deel op

cableDie lyk van ‘n man is by ʼn elektriese substasie naby ‘n treinspoor tussen Roodepan en Barkly-Wes in die Noord-Kaap gevind.

Die man is vermoedelik deur ‘n transformator doodgeskok, het die polisie gesê.

‘n Polisiewoordvoerder Sergio Kock sê ʼn treindrywer het Sondag die lyk ontdek.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal.

Volgens Kock het die man ʼn wit-en-blou T-hemp, ʼn swart sweetpakbroek en bruin pantoffels aangehad.

Die voorval word tans ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.