Suid-Afrika het ‘n mal plek geword

Deel op
Sedert ons eerste sogenaamde demokratiese verkiesing in 1994 het baie dinge in ons land radikaal verander. Alhoewel alles heel moontlik nie net negatief en teen-produktief was nie  is daar tog heelwat goed wat verander het en in ons leeftyd nooit weer dieselfde sal wees nie. Hoe dit ook al sy, die “nuwe Suid Afrika” is ’n realiteit. Ewe skielik voel ek soos ’n vreemdeling in hierdie land, die een waarin ek bykans ’n halwe eeu bly. Die een waarvan gesê word my voorheen so bevoordeel het. Die een wat die broodblik van Afrika was. Die vlag is weg, die lied wat ons gesing het is nou, soos die brasse van die flêtse sou sê, ’n “mix”  van twee liedere. Weg is die gevoel van Suid-Afrikanertrots, daardie gevoel dat jou bors wil oopbars met die sing van die “Lied van jong Suid-Afrika”  tydens die destydse Republiekwordingsfeesvieringe. Ek, soos baie van my mede-blanke Suid-Afrikaners, het ons immigrante in ons land van herkoms geword. Ja, ek is nie ’n Afrikaner nie. Die African is nie in hierdie land gebore nie maar het van iewers uit donker Afrika oor ons landsgrens gesluip en nou beroep hy hom op Mbeki se renaissance. Word wakker in Suid-Afrika en dan is jy onmiddelik ’n landsburger – want jy’s ’n Afrikaner. Met alle dank aan die African Renaissance.
Deel op

Die mees prominente ding wat egter in ons land gebeur het, is natuurlik die brander van misdaad wat soos ’n tsoenami oor ons koppe gebars het en ons soos vrotte velle oor die strande van ons samelewing gestrooi het. Gekneus, gebroke en soms dood, lê ons oor hierdie land gesaai. Oorgelewer aan die elemente; dié wat na ons moet omsien is doof. Hulle hoor en tog hoor hulle ook nie. Suid Afrika het ’n mal plek geword. Die burgers van hierdie land het geen ontsag vir die wetstoepassers en landswette nie. Suid-Afrika het ’n paradys vir internasionale misdaadsindikate en ook enkelinge geword. Kriminele tuis het ook nie laat slap lê nie en roof en diefstal is aan die orde van die dag. As daar wêreldwye misdaadrekords op te stel is, het ons dit al reeds gedoen of is ons goed oppad. Polisiemanne word afgemaai en dié wat nie dood is nie is grotendeels korrup in hulle daaglikse handelinge. Talle persone in topposisies, hoofde, bestuurders en ministers loop met ’n wolk wat oor hulle koppe hang. Eerlikheid het geen betekenis in hulle daaglikse aktiwiteit nie en elkeen sorg net vir himself; dit wat baie moet doen – soos om die gemeenskap te dien – is vergete.

Die howe het die speelplek van politici geword en duur ondersoeke na een of ander kwessie; wat eintlik maar net ’n gewone kriminele saak moes wees, word vir die belastingbetaler se sak aangevoer. Soos ’n wafferse Day of our lives word dit vir die people gebeeldsend. Ten koste van wie? – die belastingbetaler natuurlik. Kriminele word voor howe geneem om net 24 uur daarna iemand anders te verkrag of vermoor.

Deur na al die bogenoemde te kyk en net in die algemeen na die wetteloosheid kom die ANC se mees bekende slagspreuk (altans vir my) telkens na vore: “The people shall govern”. Nou as dit nie die mees gevaarlike ding is om te sê nie, wat is dan? Dit is presies wat besig is om te gebeur. Miskien nie tans in ’n hoë graad nie, maar dit is baie vinnig besig om toe te neem. Taxibestuurders besluit hoe, wat en waar dienste verskaf gaan word. Word hulle aangevat oor onpadwaardige voertuie, blokkeer hulle paaie om hulle misnoeë te lug. Cosatu, vorige vennoot van die regering, wil voorskryf wanneer die staatspresident moet tuig neerlê en wie die vrou in sy plek moet wees. Tot doodgewone landsburgers beset grond onwettig, besluit waar hulle wil woon en beskadig infrastruktuur soos die onlangse N7-brug sonder enige nagevolge. Die people regeer voorwaar en neem mens ander aspekte in ag, gaan hulle al hoe meer govern. Hulle maak ook voor die voet dood en onteien hulle slagoffers van hulle eiendom. In meeste gevalle word niks daaraan gedoen nie en kom hulle skotvry daarvan af. Blykbaar is die feit dat meeste moordenaars en verkragters nie wit is nie bloot toevallig. So kyk mens na al die kleure in die prentjie, lyk alles nogals donker. Is daar sterk tekens van ’n oorlog – ’n burgeroorlog. Want waar burgers van ’n land deur mede-burgers doodgemaak word, en vernaamlik teen die huidige tempo, word dit ’n burgeroorlog genoem. Alhoewel ons met bykans 6 miljoen, baie konserwatief geskat, onwettige mense in die land sit, word meeste Suid-Afrikaners steeds deur hulle mede-burgers vermink en vermoor. Baie interessant dan om te sien dat ons regering wat ons miljoene kos hulle verwerdig en geld uitgee om Florence Nightingale in die Kongo en God weet waar oral te speel. Dít, terwyl ons land brand. Maar aan die ander kant, dis mos die people wat govern. Dus het ons net onsself te blameer. Miskien moet ons die regering finaal privatiseer ten gunste van die people – dit gaan heel moontlik goedkoper wees.

Die oorlog het dus klaar begin. Die intensiteit gaan heel moontlik verhoog en nog meer van ons mense gaan in die slag bly. Dit gaan egter nie net die blanke wees nie, maar alle rasse se toekoms is op die spel. Of ons en ons geliefde land gaan oorleef, gaan afhang van die mate waartoe ons kan saamstaan – die regverdiges teen die people.

торшеры интернет магазинпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.