Krejcir: Intelligensie-beampte in hegtenis geneem

Deel op
Mafiabaas Krecjir
Mafiabaas Krecjir

Vyf mense onder wie ‘n senior intelligensie-beampte wat moontlike bande met die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir het, verskyn vandag in die Alexandra-landdroshof, noord van Johannesburg.

Hulle staan tereg op verskeie aanklagte wat poging tot moord en regsverydeling insluit, het RSG berig.

Die intelligensie-beampte sersant Nandi Nkosi is Donderdag in hegtenis geneem omdat sy na bewering GPS-koördinate verskaf het om die spesiale ondersoekbeampte, Paul O’Sullivan en nog ‘n polisieman, kolonel Nkosinathi Ximba op te spoor.

Volgens O’Sullivan het Krejcir hom sedert 2010 minstens vyf keer met die dood gedreig.

O’Sullivan is sedert Krejcir se onwettige aankoms in die land in 2007 op sy spoor.

Die polisie sê nog inhegtenisnemings word verwag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.