Wateropstand by Brits eis vierde slagoffer

Deel op

proteststones‘n Vierde persoon is op Mothulung naby Brits in Noordwes dood nadat die polisie op oproeriges losgebrand het.

Die 36-jarige Enock Seimela het Sondagnag aan sy wonde beswyk.

Die polisie en oproermakers het verlede week gebots nadat inwoners die strate ingevaar het oor ‘n watertekort.

Die inwoners het betoog omdat hulle steeds nie lopende water het nie.

Seimela was vir ‘n week lank in die waakeenheid van die George Mukhari hospitaal in Garankuwa.

Hy en ‘n student is verlede week tydens die betogings in Mothutlung beseer. Nog twee ander is dood tydens die oproer.

Die drie slagoffers is die naweek begrawe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.