Shoprite verloor miljoene met Mandela se begrafnis

Deel op

shopriteShoprite het na bewering miljoene verloor met Mandela se afsterwe toe hulle besluit het om hul deure te sluit op 15 Desember verlede jaar.

Baie kleinhandelaars was toe op die dag van die begrafnis van die voormalige president.

Dit het Shoprite ‘n geraamde R260 miljoen gekos om sy winkels op die dag van Mandela se begrafnis te sluit, het die New Age berig.

Shoprite het gesê Kershandel vir die maand van Desember is negatief geraak deur die sluiting van alle Suid-Afrikaanse winkels.

Die winkels sou na raming verkope van tot R260 miljoen genereer, ‘n impak op omset vir die tydperk van 0,7%.”

Massmart het onlangs berig dat hulle sowat R200 miljoen verloor het toe hulle winkels gesluit het.

Baie kleinhandelaars was die dag van die begrafnis toe, terwyl Pick n Pay verkies het om oop te bly.

Die Jong Kommunistiese Liga van Suid-Afrika ( YCLSA ) en Saccawu het ‘n boikot teen Pick n Pay uitgeroep omdat die winkel nie op 15 Desember wou sluit nie.

“Ons is teleurgesteld dat Pick n Pay het nie ag geslaan het op die oproep om môre [ 15 Desember ] te sluit ter ere van president Nelson Mandela se heengaan nie,” het Khaya Xaba, YCLSA-woordvoerder, gesê.

“Pick n Pay kies wins bó rou oor hierdie dapper held van ons vryheidstryd.”

Pick n Pay se uitvoerende hoof, Richard Brasher het gesê die handelaar beskou sy oop deure op die dag van Mandela se begrafnis as ‘n meer praktiese en tasbare manier om mense se lewens te verbeter deurdat die winste geskenk word aan die mense.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.