Outa vra dat e-tol opgeskort word

Deel op
Wayne Duvenhage
Wayne Duvenhage

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa het ‘n beroep op die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, gedoen om die e-tolstelsel op te skort.

Outa sê die voortdurende verset deur die publiek om op te dok vir ‘n stelsel wat nie na behore werk nie, maak dit onmoontlik om voort te gaan.

Outa se voorsitter, Wayne Duvenage, sê hy is nie verbaas dat die hoof van die elektroniese tolmaatskappy, Ben Theron, intussen bedank het nie.

Elektroniese Tolinvordering het (ETC) Vrydag bevestig dat Theron bedank het. Hy sal deur Mark Ridgeway opgevolg word.

“ETC se uitvoerende bedryfshoof Ben Theron het bedank om persoonlike redes,” het Anne Mardon hul woordvoerder in ‘n verklaring gesê.

Duvenhage het gesê die kompleksiteit van die stelsel sal selfs vir die mees ervare personeel ‘n uitdaging wees.

Die woordvoerder van die presidensie, Mac Maharaj, het verlede week in ‘n verklaring uitgereik gesê nuwe paaie te bou en opgradering van bestaande paaie, is noodsaaklik.

Duvenage het Maharaj se stelling oor die opgradering van alternatiewe roetes verwerp en sê dit is in elk geval ‘n noodsaaklike vereiste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.