Platinumpryse skiet die hoogte in

Deel op

platinumAmcu se president Joseph Mathunjwa het lede aangemoedig om te verseker dat ‘n loonstaking by drie groot platinumprodusente, wat Donderdag begin, te alle tye vreedsaam verloop.

Amcu-lede by Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin, almal met myne rondom Rustenburg in Noordwes het oorweldigend gestem ten gunste van industriële aksie.

Dit sal die helfte van die wêreld se platinumproduksie raak.

Die vakbond is verlede week  deur die KVBA van ‘n sertifikaat voorsien om by al drie myne te staak, ná loongesprekke ‘n dooiepunt bereik het.

Kennisgewing sal Maandag op werkgewers bedien word dat die staking sal voortgaan.

Mathunjwa sê hulle sal nie van hulle R 12 500 vraag intreevlak afsien nie.

“Ons ontvang ons mandaat van die werkers. Ons het nooit werkers R12 500 belowe nie. Dit is ‘n mandaat van die werkers. Ons is die dienaar van die werkers. Dus kan ons nie besluite neem namens die werkers nie. As hulle more sê hulle wil R15 000 hê, sal ons dit op die tafel plaas soos dit is.

Platinum-aandeel pryse het die hoogte ingeskiet Vrydag nadat stakings by die wêreld se drie grootste produsente platinum pryse tot die hoogste vlak in twee maande laat opskiet het.

Arbeid is ongeveer 50% van die bedryf se kostebasis. Die bedryf sukkel om die val in produktiwiteit en stygende koste aan te spreek.

Lang stakings sal die land aan beduidende buitelandse valuta verliese kos.

Die vraag na ‘n basiese loon van R12, 500 is eenvoudig onbekostigbaar , sê Johan Theron, woordvoerder by Impala .

Terwyl die swakker rand help, kan die loonprysstygings nie vir laer produktiwiteit en stygende koste te vergoed nie.

Die voorste platinumprodusente in Zimbabwe het die spertyd van president Robert Mugabe gehoorsaam en planne voorgelê om voor die einde van 2016 ‘n raffinadery in die land te bou.

Mugabe het platinummyne in die land tot 19 Januarie tyd gegee om voorstelle vir die bou van ‘n edelmetaalraffininadery teen 2016 in te dien of ‘n verbod op onverwerkte grondstowwe te trotseer.

Anglo American Platinum en Impala Platinum, wat die grootste bedrywighede in die land het, het reeds hulle planne ingedien.

Zimabwe het naas Suid-Afrika die grootste platinum-reserwes in die streek.

Die plaaslike geldeenheid is onder druk nadat ‘n vyfjaar-laagtepunt van R10,87 teen die dollar bereik is.

Die verswakking in die geldeenheid is egter besig om ‘n rekordgetal besoekers na die land te lok.

Duisende besoekers stroom na Kaapstad wat deur die New York Times en die Gaurdian in Brittanje aangewys is as die top bestemming in die wêreld vir 2014.

Die stad sê sowat R13 miljard is verlede jaar deur besoekers in die stad bestee en dat dit reeds wil voorkom asof vanjaar net so gunstig sal wees.

Die wisselkoers is veral voordelig vir besoekers uit Brittanje, Amerika, Duitsland en Nederland.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.