
Regeringsamptenare van Madibengmunisipaliteit, in Noordwes sal binnekort verwittig word van hul lot na ‘n hoë-vlak ANC-vergadering Maandag.
Dit is deur die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe aangekondig ná ‘n vergadering met die munisipale amptenare in Brits.
Mantashe het gesê daar is ‘n probleem met leierskap in die munisipaliteit en bygevoeg daar moet behoorlike leierskap wees.
“Een van die gevolgtrekkings waartoe ons gekom het is dat ons ‘n leierskapprobleem in Madibeng het en dit is wat ons moet aanspreek. Ons vergader met die amptenare van die ANC in besonder om aanbevelings te maak en die kwessie van leierskap aan te spreek.”
“Die verslag praat oor ‘n verskeidenheid van kwessies soos hoe die kantoor van die speaker moet werk, hoe die munisipale bestuurder benader moet word en basies na al die aanbevelings waarna gekyk moet word en geïmplementeer moet word,” het Mantashe gesê.