IVP druk Madonsela oor Nkandla-verslag

Deel op
IVP-leier Buthelezi daag Madonsela uit
IVP-leier Buthelezi 

Die Inkatha Vryheidsparty het ‘n beroep op die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela gedoen om haar verslag oor die veiligheid-opgraderings by president Jacom Zuma se Nkandla-woning onmidellik vry te stel.

Die voorsitter van die party, Blessed Gwala het op ‘n massavergadering, nie ver van die huis af nie, gesê belastingbetalers is daarop geregtig om te weet hoe hulle geld aangewend word.

Die Nkandla-munisipaliteit is onder IVP-beheer.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het gister gesê die verslag moet onmiddellik vrygestel word en hy hoop dat dit nie op 9 Februarie sal gebeur en president Jacob Zuma se staatsrede sal oorskadu nie.

Madonsela het vroeër gesê van die partye wat in die verslag genoem word, het vir uitstel geva. Sy sal dit volgende maand vrystel. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.