Noordwes-premier hits swartes teen boere aan oor watertekort

Deel op
Modise hits die swartes teen boere aan
Modise hits die swartes teen boere aan

Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het die watertekorte wat deur swak munisipale bestuur veroorsaak word, aan “sabotasie deur wit rassiste” toegeskryf.

‘n Boer wat na bewering ‘n waterklep laat sluit het, is te blameer vir die probleme met die watertoevoer in Swartruggens en die Boroleiodorp, het Modise Sondag gesê.

“Daar word beweer dat die boer, vergesel deur ‘n polisiebeampte, opdrag gegee het om nie water te pomp wat sy diere stroomaf kan bereik nie.”

Alhoewel sy steeds wag op ‘n skriftelike verslag oor die voorval, het sy nie op haar laat wag om die rassekaart te speel nie.

“Ons doen ‘n beroep op ons gemeenskappe om nie uitgelok te word deur woede na hierdie vermeende daad van sabotasie en rassisme wat deeglik ondersoek moet word nie.”

Vroeër het die premier se woordvoerder , Lesiba Kgwele gesê dat die watertoevoer in Mothotlung naby Brits herstel is nadat oproer tot die dood van drie mense gelei het.

Twee betogers is doodgeskiet – na bewering deur die polisie – en nog ‘n man is dood nadat hy na bewering uit ‘n bewegende Nyala-polisievoertuig gespring het in ‘n poging om te ontsnap.

Die familielede van laasgenoemde sê hy is uit die bewegende voertuig gestamp nadat die polisie hom aangerand het.

Intussen het Agang SA verklaar dat die Jericho-gemeenskap in die Madibengmunisipaliteit ook sonder water is sedert verlede jaar.

Die munispaliteit het volgens berigte sowat 35 persent van sy begroting nie bestee nie.

Die party se koördineerder , Victor Molefe , het gesê inwoners is afhanklik van die grootmaatwaterstelsel vir watervoorsiening nadat hulle die afgelope ses maande reeds sonder lopende water is.

Kgwele het gesê Swartruggens , Borolelo , Derby, Koster, Reagile en Mazista sal voordeel trek uit die implementering van die beplande watervoorsieningsprojekte.

Molefe het gesê inwoners het ‘n vergadering met premier Thandi Modise het reeds in Junie plaasgevind, maar daar is nog geen water in Jericho nie.

Modise het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met die minister van waterwese en alle munisipaliteite waar water skaars is.

Die memorandum sal glo verseker dat water verskaf word.

Jericho is sowat 40 kilometer van Mothutlung.

In Pienaar, oos van Mbombela in Mpumalanga, het inwoners die hoofpad na Nelspruit met klippe en bome versper weens ‘n watertekort.

Hulle beweer dat hulle sedert die begin van die jaar sonder water is.

Inwoners eis dat die Mbombela-munisipaliteit ‘n permanente oplossing vir die probleem vind.

Die Minister van Waterwese, Edna Molewa het gelas dat drie waterpompe by Brits, wat na bewering gesaboteer is, onmiddellik herstel moet word.

Die pompe het glo onklaar geraak weens ‘n gebrek aan instandhouding, sê tegnici wat met die waterwerke gemoeid is.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.