Afrika die tema van die G8-spitsberaad

Deel op

Die Groep van Agt-ryknasies sal vandag poog om skeptiese Afrikalande te oortuig dat hul beloftes om hulp aan die vasteland te verdubbel steeds nagekom sal word.

Deel op

Om hul goedertrou te toon, het die G8 nie minder nie as sewe Afrikaleiers na die eerste dag van die jaarlikse spitsberaad genooi wat in 'n luukse hotel op die noordelike Japannese eiland Hokkaido plaasvind.

Van die besprekingspunte op die sakelys vir drie dae van samesprekings is klimaatsverandering, rekordoliepryse en 'n verslegtende globale ekonomie. Maar president George W. Bush, wat van Afrika 'n persoonlike prioriteit gemaak het, het gesê hy sal sy medeleiers aansê om hul hulpbeloftes na te kom.

Tydens 'n vorige G8-spitsberaad in Gleneagles, Skotland, het die G8 ooreengekom om hulp aan Afrika teen 2010 te verdubbel as deel van 'n groter poging om globale armoede aan te spreek.

снятие камней с зубов ультразвукомлобановский александр досье

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.