VN-amptenaar saai paniek oor ‘volksmoord’ in SAR

Deel op
sar
Saai paniek, oes diamante

‘n Senior VN-amptenaar is besig om paniek te saai oor ‘n “volksmoord” in SAR.

John Ging waarsku dat die risiko van ‘n volksmoord in die mineraalryke Sentraal Afrikaanse Republiek hoog is nadat 8 mense dood is.

Dié toestand is glo geskep deur Franse magte wat strydende faksies ontwapen en hulle dan kwesbaar maak vir uitwissing, het Reuters berig.

Die land het egter ‘n lang geskiedenis van chaos.

Ging, ‘n direkteur in die kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede, het aan die media gesê ‘n internasionale besorgdheid oor die bloedvergieting is nodig.

Ging het gepraat na ‘n vyf-dag besoek aan die streek. Bloedvergieting het die afgelope tyd die lewens van agt mense geëis.

Die voormalige Franse kolonie is een van die armstes in Afrika met verskillende taalgroepe binne sy grense.

Die VN Veiligheidsraad gaan na verwagting die moontlikheid oorweeg om binne die komende maande ‘n VN-vredesmag in die land te ontplooi.

Ging sê dat al die elemente wat voor menseslagtings in plekke soos Rwanda en Bosnië waargeneem is, ook in SAR teenwoordig is.

Hy het die gebrek aan internasionale reaksie op die verslegtende situasie betreur.

Daar is tans ‘n AU-mag met net meer as vyf duisend soldate in die land, wat bygestaan word deur een 1.600 Franse troepe.

Ontleders waarsku egter dat dit onvoldoende is as die grootte van die SAR in ag geneem word.

Die ontplooiing van Rwandese troepe , die eerste wat aan boord van ‘n Amerikaanse militêre vliegtuig Donderdag aangeland het, sal die AU-kontingent hierdie maand na meer as 5000 vredesmagte uitbrei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.