Bob is skoonveld

Deel op
Gedaan
Moeg en gedaan en skoonveld

President Robert Mugabe wat sy gebruiklike jaarlikse vakansie van een maand in die Verre-Ooste neem, is skoonveld.

Hy is laas in Bulawayo op die 23ste Desember opgemerk en die negentigjarige vryheidsvegter het broos en moeg gelyk.

Na Kersfees het die gerugte in alle erns begin: Die president het ineengestort in Singapoer en die president is dood.

Toe kom ‘n klein aankondiging dat Mugabe op pad huis toe is en sal aanland op die 11de Januarie deser.

Geen verduideliking oor sy besluit om sy vakansie te verkort nie, en met sy aankoms om 07.00 uur was daar nie rye amptenare en ministers om hom te ontmoet en foto’s van ‘n ontspanne president nie.

Sedert sy aankoms is ‘n paar ongewone bewegings Staatshuis in Harare opgemerk.

Die toekoms van die Marenge-diamantvelde is in die weegskaal met Mugabe se ongesteldheid.

Die Kimberleyproses, (KP) het vroeër eensydig besluit om verkope van Zimbabwe se omstrede Marange-diamantvelde te hervat ten spyte van vurige teenkanting van Westerse lande.

Sedert die spoeldiamante die eerste keer in 2006 ontdek is in Marange in die ooste van Zimbabwe, is berigte van moord, marteling , korrupsie , omkopery, plundering, smokkelbedrywighede legio.

Die veld word beskryf as “die grootste vonds van diamante in die geskiedenis van die mensdom”.

Potensiële inkomste word beraam op miljarde dollar. Opposisielede sê diamante kan Zimbabwe ewe welvarend as Botswana maak.

Die twee ondernemings, Mbada Diamonds en Marange Resources, doen die diamantverkope waarvan die opbrengs egter in die sakke van weermagleiers en Zanu-PF grootkoppe beland. Die Tesourie het nog skaars ‘n sent gesien .

Die diamante word, volgens Westerse bronne, opgeraap in Bahrain, China, Indië en Libanon.

Baie arm lande beskou die KP as ‘n komplot deur Westerse lande om die diamanthandel – en sodoende pryse – te beheer.

Gerugte van Suid-Afrika se betrokkenheid by die sluikhandel doen ook die rondte, maar kon nie bevestig word nie. Dit lyk asof dit eerder kwaadwillig is.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.