Bedrog, korrupsie, wanadministrasie in Molteno onthul

Deel op

molteno‘n Forensiese ondersoek na die beleërde Kwanca plaaslike munisipaliteit by Molteno in die Oos-Kaap, het bedrog, korrupsie, nepotisme en wanadministrasie by die munisipaliteit onthul.

Die verslag, wat Donderdag by ‘n raadsvergadering ter tafel gelê is, het ook onthul dat Goliath Sigojo, die nuwe munisipale bestuurder, nie die vereiste kwalifikasies vir die pos het nie.

Die Oos-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Mlibo Qoboshiyane het gevra vir die ondersoek na bewerings van ongerymdhede by die munisipaliteit.

Vroeër die week het inwoners en Sanco-leiers Molteno tot stilstand gebring deur paaie met klippe te versper en treinspore te vandaliseer.

Betogers het geëis dat die verslag bekend gemaak word.

Qoboshiyane sê sy departement sal die munisipaliteit bystaan om te verseker dat hy beter bestuur word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.