Swart poppe vir swart kinders

swartpopNigerië, wat spog met die meeste swart kinders in die wêreld, weet dat kinders weldeeglik van ras, etnisiteit en velkleur bewus is.

‘n Sakeman het die gaping in die mark ook raakgesien en met min mededinging van buitelandse maatskappye soos Mattel, die uitvinder van Barbie, het hy sy eie besigheid begin.

Hy het die vervaardiging van popdele na China uitgekontrakteer en dan die poppe in tradisionele Nigeriese kostuums uitgedos.

Nou, sewe jaar later kan Taofick Okoya spog dat hy tussen 6 000 en 9 000 van sy poppe per maand verkoop.

“Ek hou daarvan,” sê ‘n vyfjarige wat skaars haar opgewondenheid kan beteuel terwyl sy een van Okoya se poppe in ‘n Lagoswinkelsentrum inspekteer. “Dit is swart, soos ek. “

Terwyl multinasionale maatskappye na Afrika-markte kyk, dui Okoya se ervaring daarop dat daar nog ‘n geleentheid vir plaaslike besighede is om hulself te vestig deur die gebruik van plaaslike kennis.

Wanneer dit kom by die sektore soos drank of selfs sement,  is al die internasionale spelers reeds daar.

Nigerië se drie grootste etniese groepe, die Yoruba , Igbo en Hausa vorm deel van die swart poppe-reeks, iets wat internasionale spelers nie kan vermag nie.

Die poppe verkoop vir tussen 3 500 naira ( R235 ) en 500 naira elk, met ‘n winsgrens van ongeveer ‘n derde.

Okoya beplan poppe van ander swart etniese groepe en voer tans samesprekinge met Game in Suid-Afrika om aan 70 winkels regoor Afrika te verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.