Konsepvredesooreenkoms in Suid-Soedan bereik

Deel op

ssudanKenia se minister van Buitelandse Sake, Amina Mohamed, sê daar is ‘n konsepooreenkoms om die konflik in Suid-Soedan te beëindig.

Kenia het gesê ‘n vredesooreenkoms tussen die regering van Suid-Soedan en rebellemagte kan teen môre afgehandel wees.

Samesprekings oor hoe om die konflik te besleg word tans in die Ethiopiese hoofstad, Addis Ababa gehou.

Volgens Mohamed behoort die situasie in Suid-Soedan na normaal terug te keer sodra die konsepooreenkoms onderteken is.

Die doel van die byeenkoms is om ‘n skietstilstand in Suid-Soedan te verseker.

Die Oos-Afrika-streeksorganisasie, Igad het die samesprekinge gereël.

Intussen vergader leiers uit die Groot mere-gebied met ander Afrika-leiers in Luanda, Angola.

President Jacob Zuma is ook in Luanda om kwessies rakende vrede en veiligheid in Soedan en Suid-Soedan te bespreek.

Intussen het meer as 200 burgerlikes in Suid-Soedan verdrink in ‘n Nylpontongeluk nadat hulle van die gevegte in die stad Malakal, op die oostelike oewer van die Nyl wou ontkom, het ‘n woordvoerder van die weermag gesê.

Hy het gesê vroue en kinders is onder die slagoffers van Sondag se ramp.

Meer as 350,000 mense is deur die konflik tussen die Suid-Soedanese regering en die rebellemagte ontheem, volgens die VN.

Rebelle sê hulle het Malakal, wat die poort na die olievelde van die Bo-Nyl-streek is, verower.

Dit is egter ontken deur ‘n woordvoerder van die weermag, wat gesê het die rebelle is teruggedryf na swaar gevegte in die stad.

Tussen 200 tot 300 mense, insluitende vroue en kinders het verdrink, want die boot was oorlaai, het woordvoerder van die weermag aan die AFP-nuusagentskap gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.