Geweld in Irak op hoogste vlak sedert nadraai van Amerikaanse inval

Deel op

iraqGeweld in Irak is tans op die hoogste vlak sedert 2006 en 2007, waarin tienduisende mense dood is.

Dié olieryke land het nooit herstel van die Amerikaanse inval om “demokrasie” te bring in 2003 nie, en is tans in ‘n nimmereindigende geweldspiraal tussen al-Kaida en Sjiïettiese simpatiseerders ingesuig.

Al-Kaida word deur Saoedi-Arabië, ‘n bondgenoot van die VSA, befonds

Minstens 73 mense is dood in ‘n reeks ontploffings in Bagdad en ‘n dorp naby Baquba in die noorde van Irak.

In een van die dodelikste voorvalle het ‘n bom by ‘n tent ontplof waar roubeklaers byeen was vir die begrafnis van ‘n lid van ‘n Soennitiese militante-groep in Shatub, suid van Baquba.

Agtien mense is in die aanval dood, en 16 is beseer.

Daar is ook 37 mense dood in nege verskillende motorbomaanvalle in woonbuurte waar ‘n meerderheid Sji’itiese inwoners woonagtig is.

Die regering van Irak word die stryd aangesê deur Soennitiese Al-Kaida-terroriste wat die stad Falluja, wes van Bagdad twee weke gelede oorgeneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.