Amcu staak by Ogies-steenkoolmyn

Deel op
Vlakfontein
Vlakfonteinmyn

Werkers by die Vlakfontein-steenkoolmyn naby Ogies in Mpumalanga het Woensdag begin met ‘n ondergrondse sitstaking.

Die werkers is aangestel deur die Concor-oopgroefmynmaatskappy, ‘n subkontrakteur vir African Exploration, wat aan die staat behoort.

Die stakende werkers is gekant teen voorgestelde afleggings by die myn.

‘n Leier van die plaaslike tak van die vakbond Amcu, Ernest Mogale sê hulle is bereid om ondergronds te bly tot daar aan hulle eise voldoen word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.