Om die verkeerde probleem op te los

Deel op

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Ons gaan eersdaags weer, soos elke jaar, van die Kaapse pers verneem hoe dit baie beslis hierdie jaar die Kaapse span se jaar in die Super 15 gaan wees, nádat die Stormers ‘n paar wedstryde vroeg in die seisoen wen. En dan, iewers in Mei, gaan die Stormers weer vasval teen iemand, soos wat hulle laasjaar teen die Haaie vasgeval het in die eindstryd, teen die Bulle in Soweto en ook weer teen die Haaie in ‘n ander halfeindstryd.

Vroeg in 2015 gaan Allister Coetzee en sy afrigtingspan dus opnuut kajuitraat hou, vir die soveelste keer, en besluit om aan die Stormers se verdediging te werk. Die probleem is uiteraard dat, alhoewel dit goed en wel is om effektief te kan verdedig, rugbyspanne punte móét kan aanteken, veral in eindstryde wanneer die ander spanne ook hul eie verdediging opskerp. Allister Coetzee verstaan dus nie net die fundamentele probleem nie, maar mors boonop ook tyd om die verkeerde probleem te wil oplos, deur op verdediging te fokus. Jaar ná jaar sukkel die Stormers se 60kg-tuinkaboutertjies in sy agterlyn gevolglik om drieë aan te teken, en elke jaar styg die drankverkope op Nuweland soos hul ondersteuners toenemend gefrustreerd raak.

Die Stormers se afrigters se wanbegrip oor die aard van die probleem, en hul pogings om die verkeerde probleem op te los, word ook in die res van Suid-Afrika weerspieël.

Almal wil byvoorbeeld as op hul hoofde strooi oor die swak matriekuitslae. Die probleem word dan moedswillig misverstaan (‘n gebrek aan voorskoolse opleiding) en die verkeerde oplossings (‘n addisionele 2 jaar voor skool) word oorweeg. Niemand het die politieke moed om eerlik te wees oor die ware probleme nie. ‘n Akademiese matriek is byvoorbeeld nie vir almal beskore nie. Veral nie in Suid-Afrika nie. Die feit dat die meerderheid leerlinge uitsak voor matriek, toon aan dat daar deur die groot gros skoliere en hul ouers onrealistiese verwagtinge gekoester word. Veel minder as 10% van alle leerlinge in SA hoort enigsins op universiteit of selfs in ‘n akademiese matriek. Selfs in ‘n ontwikkelde land soos Duitsland word diegene wat duidelik nie universiteit toe sal kan gaan nie, na meer gepaste opleiding gekanaliseer. So ook is die SADOU-vakbond ‘n reusefaktor in die Madibatopiese skole se onderprestasie, maar om politieke redes sal SADOU nie geneutraliseer kan word nie. ‘n Werkbare oplossing vir die probleem, synde die hokslaan van SADOU asook meer gepaste tipes opleiding as ‘n akademiese matriek vir die groot meerderheid, word nie eens oorweeg nie.

As gevolg van rassistiese RA en kaderontplooiing is die meeste plaaslike owerhede se infrastruktuur op breekpunt. Die inwoners van Brits gooi gevolglik klippe, want hulle sit dae lank al sonder water. As die bewind bloot begryp het dat, om ‘n onbevoegde kader stadsingenieur te maak, die grondoorsaak van die probleem is, het Brits vandag drinkwater gehad. Die regering se reaksie, na die tipiese fatsoen van ‘n sadistiese regime, is egter nie om die grondoorsaak – rassistiese aanstellings van onbevoegde kaders – aan te spreek nie, maar om gewapende polisie in te stuur om sy eie kiesers bokveld toe te skiet. Die ware probleem word dus geïgnoreer en die verkeerde probleem word op totaal die verkeerde wyse, met koeëls, aangespreek.

Ek kan so aangaan; daar is byvoorbeeld nie te veel werkloosheid in die land nie, maar eerder ‘n ooraanbod van hopeloos te veel onopleibare mense asook miljoene onwettige immigrante. Die regering sal egter nie die ware probleem aanspreek soos China gemaak het nie, deur die geboortekoers te beperk, meer gepaste onderrig op skool te verskaf of die grense effektief te polisieer nie, maar sal eerder die spreekwoordelike weermag kry om gate te grawe wat die werkloses dan moet opvul, en dan aanspraak maak daarop dat hy miljoene werksgeleenthede geskep het.

Suid-Afrika se kampioene met die wanbegrip oor die ware probleem, en die gepoogde oplossing van die verkeerde probleem, is egter nie Allister Coetzee of die ANC-bewind nie. Nee, dit is eerder die blanke kiesers, wat steeds hul hoop op die een-bok-tien-leeus-demockracy vestig. Mens hoor dikwels hoe die blanke kiesers sug dat, as die ANC se stemvee net beter opgevoed was, daar hoop sou wees vir die Madibatopiese demockracy. Gelukkig het onlangse verwikkelinge binne die DA, spesifiek die DA se omhelsing van rassistiese RA en SEB, daardie illusie heeltemal vernietig, want ‘n DA-regering sal net so rassisties soos die ANC wees, omdat anti-blanke rassisme uiters gewild onder swart kiesers is. Daar is eweneens geen rede om te dink dat ‘n DA-kader wat na Brits ontplooi word, hom beter van sy taak sou kwyt as ‘n ANC-kader sou maak nie.

Jou en my vriende, gesin en familie begryp dus nie die ware aard van die probleem – Afrika-regerings – nie, maar bluf hulself boonop dat deelname aan ‘n Afrika-demokrasie op een of ander wyse Madibatopië se probleme gaan oplos. Die enigste werkbare oplossing vir blankes, selfbeskikking, word nie net doodgeskree as sogenaamde rassisme nie, maar is ook ‘n moeitevolle punt om te bereik en sal onkonvensionele denke vereis. Daarom gaan die meeste blanke volstruise weer eens hul koppe in die sand begrawe, en in 2014 aan die sinnelose demockracy deelneem.

Vir hulle sê ek: Gaan stem gerus, as dit jou dan beter laat voel. Julle gaan wel op een of ander stadium moet begin eerlik wees en die ware probleem moet konfronteer. Hopelik vóór dit te laat is.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.