Amerikaanse Senaat gee Israel blanko tjek vir oorlog teen Iran

Deel op

iranqDie Amerikaanse Senaat sal vandag waarskynlik ‘n blanko tjek aan Israel oorhandig vir oorlog teen Iran.

Die Senaat se wetsontwerp S.1881 lui: As Israel “verplig word tot militêre optrede in wettige selfverdediging teen Iran se kernwapenprogram,” moet die Verenigde State van Amerika “Israel ondersteun ​​en voorsien van … diplomatieke , militêre en ekonomiese steun in die verdediging van sy gebied, mense en bestaan.”

Dié wetsontwerp plaas die besluit vir militêre optrede feitlik uitsluitlik in die hande van die Israelse premier Netanyahu wat op rekord is dat hy gesê het: “Dit is 1938, Iran is Duitsland “

Terwyl die eeufeesvieringe van die Eerste Wêreldoorlog nader, sal ons weereens lees van die baie flaters wat gelei het tot ‘n tragedie vir die Westerse beskawing.

Onder hulle sal die blanko tjek wees wat Keiser Wilhelm II aan Wene oorhandig het ná die moord deur ‘n Serwiese terroris op die Oostenrykse aartshertog Ferdinand Francis.

As julle besluit om die Serwiërs te straf, het die Keiser verklaar, is ons met julle.

Na aarseling wat weke geduur het, het Oostenryk Belgrado gebombardeer. Binne ‘n week daarna egter, was Duitsland en Oostenryk in ‘n oorlog met Rusland, Frankryk en Brittanje betrokke.

Die oorlog in die Persiese Golf, die wêreld se petrolstasie, is dus uitgekontrakteer aan die Likud-regime wie se leiers gereeld Iran met Nazi-Duitsland vergelyk.

Die wetsontwerp beweer herhaaldelik dat Iran ‘n kernwapenprogram bedryf, maar in beide 2007 en 2011 het die Amerikaanse intelligensie verklaar “met ‘n hoë mate van vertroue” dat Iran oor nie ‘n kernwapenprogram beskik nie.

Die Amerikaners word dalk in die duister gehou dat die land afstuur op hul vyfde oorlog in ‘n generasie in die Midde-Ooste.

Dit klink baie soos die misleiding en geliegery oor Irak se wapens van massavernietiging wat toe nooit opgespoor kon word nie.

Selfs die hervormers van Iran se Groen Revolusie van 2009 ondersteun hul land se reg tot ‘n vreedsame kernprogram, wat natuurlik verryking insluit.

Wat Israel betref is verryking egter nie ‘n opsie nie.

Senaat wetsontwerp S.1881 dreig ook met nuwe sanksies teen Iran by versuim om ‘n finale ooreenkoms te bereik binne ses maande.

Tog weet die Senaat dat Iran tydens onderhandelinge gestem het dat hulle weg van die tafel sal loop as nuwe sanksies dreig.

Dit lyk dus na ‘n doelbewuste poging deur die oorlogsugtige Republikeinse Neo-Cons om die Geneefse samesprekinge tussen Teheran en die VSA te ontspoor.

Indien Afghanistan, Irak, Libië sekere Republikeine nie van oorlogskoors laat afsien nie, moet die party onder kwarantyn geplaas word vir nog vier jaar, sê Pat Buchanan, self ‘n Republikein.

Indien S.1881 slaag, sal Obama sal dit kan veto. Hy behoort die Amerikaanse intelligensiediens te kry om uiteindelik ook die waarheid oor Iran te vertel.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.