Mugabe, die Afrikademokraat

Deel op

Dat Robert Mugabe die ekonomie van Zimbabwe geruïneer het, verbaas eintlik nie. Dr. Hendrik Verwoerd het reeds in 1965 voorspel dat die destydse Rhodesië onder swart meerderheidsregering binne twintig jaar hongersnood sou beleef.

Deel op

Wat mens ook al vandag oor Verwoerd mag dink, gee toe dat hy eenhonderdpersent reg was!

Mugabe is ook nie die eerste Afrikaleier wat ‘n eens florerende ekonomie tot ‘n val kon bring nie. Voor hom was daar Mosambiek onder Machel, Tanzanië onder Nyerere, Zambië onder Kaunda, die Ivoorkus onder Gbagbo, Oeganda onder Amin, die Kongo onder Mobutu en so kan ons aangaan.

Op een vlak kan mens egter Mugabe en Zanu-PF se frustrasie met die Westerse media verstaan. Hulle het verkiesing gehou op die Afrikamanier. Iets soos 87 mense is dood en ‘n verdere aantal beseer.

Dis veel minder as wat in die Keniaanse verkiesings van Desember 2007 dood is en ook veel minder as wat in Suid-Afrika in 1994 omgekom het. Tydens die 1994-verkiesing in Suid-Afrika toe ANC-hegemonie met geweld gevestig is, het 1000 mense gesterf. Nietemin het die wêreld dit as ‘n wonderwerk van verdraagsaamheid gesalueer. ANC-lede steek mekaar met messe of trek hul broeke af by politieke vergaderings. Politieke sluipmoorde in Kwazulu-Natal is redelik algemeen.

Dieselfde geld vir Kenia waar ‘n koalisieregering wat onder buitelandse dwang ná 1000 verkiesingsterftes en 300 000 ontworteldes tot stand gekom het, as model vir die hele Afrika voorgehou word.

Sowel Kenia as Suid-Afrika word deur die Westerse moondhede en hul media as modeldemokrasieë beskou. Die ongebreidelde moord, roof en verkragting in Suid-Afrika ten spyt.

Solank as wat die stemvee elke vyf jaar in toue by stembusse staan, kan daar maar geweld, taal- of rassediskriminasie, etniese suiwering en ekonomiese agteruitgang wees. Om te stem, of die demokratiese verkiesingsritueel, heel alles.

Aan Afrikastandaarde gemeet, is Mugabe beslis ‘n demokraat. Geen wonder dat hy nie kan begryp waarom hy vir sanksies uitgesonder word terwyl Kenia en Suid-Afrika opgehemel word nie.

оборудованиеtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.