Vandag, presies 128 jaar gelede, is die eerste koerant in ons taal, die Afrikaanse Patriot, gepubliseer. As ‘n mens kyk na die kwessies op die voorblad, het dit in byna 130 jaar geensins verander nie. Vandag skryf ons op die internet, maar veg steeds vir die erkenning en behoud van Afrikaans. Daar is ook min of meer drie identiteite onder Afrikaners: dié met “Engelse harte”, dié met Kaaps-Kreoolse harte wat meen dat Standaardafrikaans afgeskaf moet word en die “ware Afrikaners” met Afrikaanse harte wat steeds die ideaal van die Patriot-beweging nastreef: ‘n trotse eie taal, met ‘n beskaafde kultuur en letterkunde wat vir geen ander ter wêrreld hoef terug te staan nie.
Is dit nie ironies dat ons in byna 130 jaar gevorder het, maar tog ook nie? Aan die ander kant: sonder ons voorgangers wat jare lank so hard vir volk en taal gestry het, was daar geen Afrikaners of Afrikaans meer oor nie.
Hulle het 5 sjielings gevra; ons vra R50!
