‘n Groot Merinoboer in die Oos-Kaap is op sy plaas in die Barkley-Oosgebied vermoor.
Sarel Pretorius is laat in die aand om ongeveer 9h30 doodgeskiet op 14 Januarie 2014 deur swart aanvallers
Die polisie sê die 61-jarige Pretorius is doodgeskiet. Sy vrou, Annemarie is vasgebind maar sy is glo nie beseer nie.
Die voorval het op die egpaar se plaas, Platfontein gebeur. Die aanvallers het met geld en wapens weggekom.
Die bende het na bewering ook die plaas van Van Aardt Greyling in die Lady Grey-distrik vroeër aangeval, waar hulle sy geweer en die bakkie geroof het.
Die Dordrecht SAPD het kort daarna opgedaag en jag tans die bende wat beskryf word as uiters gevaarlik en gewapen.
Die SAPD in Dordrecht en Lady Grey se Distrikte het ‘n waarskuwing aan die GPF uitgereik om op die uitkyk te wees vir ‘n gesteelde wit bakkie met ‘n onbekende aantal gewapende swart insittendes.
Dit word beskryf as ‘n wit bakkie met ‘n kap.