Skatryk SA-sakeman se heli stort in Zim neer

Deel op

helicrashzimDie liggaamsdele van ‘n Suid-Afrikaanse sakeman wat dood is in ‘n helikopterongeluk in Zimbabwe, is tot 30m van die toneel gevind nadat hy glo probeer om te spring van die helikopter, het getuies in Harare gesê.

Christian Malila Ndou , 55 , die skatryk eienaar van ‘n sekuriteitsmaatskappy in Beitbrug, was alleen in die Amerikaanse Robinson R44-helikopter toe dit naby Gwanda onklaar geraak het.

Daar word vermoed dat die helikopter se rotorlemme sy liggaam getref het toe hy uitgespring het en dit het die polisie ‘n paar uur geneem om sy vermiste liggaamsdele op te spoor en te versamel.

Henry Raymond Hollins van Gwanda, wat ook van dié helikopters besit, het gesê dit is baie vreemd dat die helikopter neergestort het.

“‘n R44 sal nie sommer neerstort nie. ​​Ek wonder wat kon gebeur het,” het hy gesê.

Newsday berig dat Malila uit sy helikopter geslinger is nadat dit ‘n meganiese fout ontwikkel het en in die lug omgeslaan het voordat dit neergestort en en uitgebrand het.

Die Chronicle berig dat Malila tyd gehad het om sy bagasie uit die helikopter te gooi voordat hy gespring het.

Getuies sê Malila se klere het van die bome gehang en sy ID- en bankkaarte is gevind in bosse naby die ongelukstoneel.

Oomblikke voor die ongeluk is die helikopter bo Gwanda opgemerk. Getuies sê hy kon op soek gewees het na ‘n plek om te land.

Newsday het onbevestigde berigte aangehaal wat sê dat Malila die Gwanda-polisiekamp wou besoek, maar het ‘n meganiese fout met die helikopter ondervind en besluit om na Beitbrug terug te vlieg.

Swak sig kan ook ‘n faktor wees, volgens die Chronicle.

‘n Ooggetuie het gesê dat hulle ‘n harde ontploffing in die lug gehoor het, maar kon skaars die helikopter sien want dit was so mistig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.