‘n Miljoen Zimbabwiërs kan honger ly as die VN se Wêreldvoedselprogram (WFP) ingekort word weens ‘n tekort aan kontant.
Tomson Phiri , woordvoerder van die WVP in Zimbabwe , het gesê die land gaan tans die hoogtepunt van die sogenaamde hongerseisoen binne.
Hulle het voedselrantsoene vir ‘n miljoen begunstigdes in die afgelope maande teruggesny en daar sal waarskynlik verdere inkortings volgende maand wees, het Phiri in ‘n verklaring gesê.
Ten minste 2,2 miljoen mense – ‘n kwart van Zimbabwe se landelike bevolking – sal voedselhulp benodig tot die volgende oes in Mei, volgens ramings deur hulpagentskappe en staatsdepartemente.
Voedselpryse het ook verdubbel sedert verlede jaar, volgens die WVP .
Die VN-voedsel-agentskap het $80 miljoen nodig om honger Zimbabwiërs te voed vir die volgende ses maande maar hulle is platsak.
Tot dusver het die WVP net $20 miljoen ontvang.
Verlede week het die bankrot regering van president Robert Mugabe gesê hulle sal 150.000 ton mielies uit buurlande invoer om voedseltekorte te voorkom.
Voedselproduksie het afgeneem in Zimbabwe in die afgelope jaar met die regering wat lae opbrengste op wisselvallige weerpatrone blameer.
Maar kritici sê die tekorte is veroorsaak deur Mugabe se grondgryp wat wit boere van hul plase verdryf het.
Die WVP het in September reeds aan die Guardian gesê meer as twee miljoen mense in die land word deur voedseltekorte bedreig.
Die organisasie AfricaCheck het dié syfer betwis en gesê dit word oordryf.