Rand op nuwe vyfjaarlaagtepunt

Deel op

randfallingDie rand het ‘n nuwe vyfjaar laagtepunt bereik en kan weens die ekonomie se swak grondslag en dreigemente van stakings in die platinumsektor deur die elf dollarvlak breek.

Die rand was vroeër op R10,82 teen die dollar nadat dit in ‘n stadum by R10,89 gedraai het.

Die vakbond Amcu, sê sy lede het gedreig om by Implats te staak, en dat hulle besig is om werkers by Amplats en Lonmin te werf.

‘n Mynontleder, Kobus Nel, sê indien al drie platinummynhuise hulle bedrywighede staak, sal produksie en inkomste daaronder ly.

Hy sê wat betref inkomste is dit moontlik dat tussen 115 en 200 miljoen rand per dag verlore sal gaan.

Indien werkers ingevolge die geen-werk-geen-betalingsbeginsel hanteer word, sal dit hulle swaar tref wat betref uitstaande skuld en daaglikse lewenskoste. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.