Peiling wys ANC sal skoonskip maak in meeste provinsies

Deel op

ipsosDie African National Congress (ANC), sal na verwagting ‘n duidelike meerderheid in ses van die nege provinsies in die komende algemene verkiesing inpalm.

Dit is volgens ‘n onlangse opname wat deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos gedoen is.

Die opname het bevind dat die Demokratiese Alliansie (DA) waarskynlik die meerderheid stemme sal trek om beheer te hou oor die Wes-Kaap.

Die opname het voorts getoon dat die Demokratiese Alliansie (DA) se steun buite die Weskaap slegs in Gauteng en die Noord-Kaap lê.

Ander opposisiepartye mag egter magsdelingsalliansies oorweeg ten einde hierdie provinsies te beheer wat die DA se kanse verder verskraal.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gelei deur die voormalige ANC-jeugligaleier Julius Malema, kan die amptelike opposisie na die verkiesing in beide Limpopo en die Noord-Wes word.

Meer as 3000 mense het aan die opname deelgeneem. Die opname is tussen 22 Oktober – 21 November 2013 gedoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.