Padongelukke eis ekwivalent van drie Boeings wat neerstort

Deel op

ongelukDie werklike dodetal weens padongelukke is pas bevestig: Die afgelope Feesseisoen het meer as 1.500 lewens op die paaie geëis.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het vroeër gesê die slagting op die land se paaie was die ekwivalent van drie Boeing 747’s wat in Suid-Afrika verongeluk.

“Stel jou voor wat sal gebeur as drie vliegtuie van die grootte neergestort het in Suid-Afrika. Dit sal ‘n katastrofe wees,” het sy gesê.

Peters het gesê die Departement van Vervoer en sy agentskappe is verbind tot Verenigde Nasies se doelwit om padsterftes teen 2020 te halveer.

KwaZulu-Natal was heel bo-aan met 307 sterftes, gevolg deur Gauteng met 302.

Drank en spoed was die hoofoorsake van die sterftes, het ‘n woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, Thato Mosena, gesê .

Sy sê daar is 1.287 noodlottige ongelukke aangemeld, wat tot 1.537 sterfgevalle gelei het.

Die minste padongelukke het in die Noord-Kaap, waar die paaie minder besig is, voorgekom. Daar was slegs 49 sterftes.

Mosena het ook ‘n beroep op motoriste gedoen om die padreëls na te kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.