Swart inwoners van Bekkersdal aan die Wesrand kan binnekort weer begin protesteer, hangende die besluit wat Donderdag by ‘n openbare vergadering geneem word.
Bekkersdal is aan die einde van verlede jaar deur gewelddadige protesaksie geskud vir meer as ‘n maand lank.
Meestal jong kinders was op die voorpunt van die oproer.
Die woordvoerder vir die groter Westonaria se Concerned Residents’ Association Thabang Wesi sê frustrasies het kookpunt bereik as gevolg van die leë beloftes van regeringsamptenare.
Inwoners het geëis dat die Westonaria Plaaslike Munisipaliteit onder administrasie geplaas word en beskuldig die burgemeester Nonkoliso en ander senior amptenare van wanadministrasie en nepotisme .
Wesi het aan die Citizen gesê.dat hulle geen ander opsie het as om te betoog as beloftes nie nagekom word nie.