Oproer oor water by Brits dalk doelbewus geskep, sê minister

Deel op
Edna Molewa
Edna Molewa

Die Minister van Waterwese, Edna Molewa het gesinspeel op doelbewuste sabotasie wat kon gelei het tot die waterprobleem in die swart gemeenskap by Brits.

Molewa en Thandi Modise, die premier van die provinsie, het inwoners van Mothutlung naby Brits in Noordwes besoek nadat twee betogers deur die polisie doodgeskiet is.

Modise se kantoor het gesê hulle sal Dinsdag ook die gesinne van die slagoffers besoek. Die premier het vir kalmte gepleit.

Molewa het beloof dat inwoners nog voor die naweek water sal hê.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het ook die gesinne besoek van die twee mans wat tydens gewelddadige betogings doodgeskiet is.

Die gebied is reeds drie maande lank sonder lopende water met tenkwaens wat water elke drie dae moet aanry.

RSG het berig dat Molewa daarop gesinspeel het dat die waterprobleem dalk doelbewus geskep is.

Sy het glo daarop gewys dat dit vreemd is dat een van drie pompe by ‘n pompstasie onklaar geraak het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.