Tergende vrae oor Mandela se verbintenis tot geweld teen blankes

Deel op
'n Bietjie Mandela-doepa
Harris gee ‘n bietjie Mandela-doepa

Die Nelson Mandela-stigting se vrystellingsdatum van ‘n manuskrip geskryf deur die voormalige president Nelson Mandela, is vir Stephen Ellis, professor van sosiale wetenskappe aan die Vrye Universiteit, Amsterdam ‘n raaisel.

Die dokument van 627 bladsye is skynbaar aanlyn geplaas net ‘n paar dae voor Mandela se dood op 5 Desember. Die dokument is reeds in 1977 uit die gevangenis gesmokkel, maar nooit openbaar gemaak nie.

Ellis sê in ‘n artikel dis nie duidelik waarom so ‘n belangrike en selfs plofbare teks aanlyn geplaas is op daardie tydstip nie en die sentrum het selfs geen poging aangewend om die publikasie aan te kondig nie.

Die stigting het Ellis se beweringe ontken en gesê die manuskrip is die eerste keer op sy webwerf geplaas op 4 November 2011.

Stengel by sy seun se peetpa
Stengel by sy seun se peetpa

Die argief van die aangetekende gesprekke tussen Mandela en die invloedryke Joodse redakteur Richard Stengel, is gemaak tydens die werk wat hulle onderneem het ter voorbereiding van die Long Walk to Freedom se manuskrip

Ellis sê in sy kritiek dat iets aan die broei is, naamlik hoe die geskiedenis van die stryd so vaardig weggesteek is vir so lank om die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en sy bondgenote die geleentheid te gun om die strategiese gebruik van misleiding en propaganda te ontplooi.

Ellis het gesê daar is groot verskil tussen die 1970-manuskrip en Mandela se 1994-boek . Hy beweer dat die manuskrip belangrike inligting bevat oor die gewapende stryd in 1960.

Ellis meen verder dat Mandela heel duidelik in sy memoirs een van die mees uitstaande kenmerke van Marxisme-Leninisme volledig omhels het: Dat dit moreel toelaatbaar is om geweld te pleeg as dit sal help met “die stryd”.

Mandela het in die openbaar die formele ANC-beleid wat geweld verwerp, verdedig, terwyl hy, soos nou bekend is, in sy hoedanigheid as ‘n senior lid van die SAKP besig was om voor te berei vir presies die teenoorgestelde!

Die medeskrywer van Mandela se outobiografie, Richard Stengel het hierdie ongerieflike feite verberg.

Kommerwekkend is ook Mandela se duidelike anti-wit-houding.

In sommige gedeeltes in die Robbeneiland-teks raak die onderwerp van die geweld teen blankes heel heftig.

Mandela beklemtoon sy bitterheid jeens Suid-Afrikaanse blankes in die algemeen. Hy wil sien dat hulle “deur ‘n Isandhlwana” (bladsy 194) uitgedelg word.

Dit is natuurlik ‘n verwysing na die bloedige nederlaag van die Britse troepe deur ‘n Zoeloe-oormag in 1879.

“Suid-Afrikaanse blankes”, sê Mandela in ‘n ander gedeelte, “het op rassisme geteer vir 3 eeue, en blote toesprake alleen …. sal nooit maak dat hulle oorgee en politieke mag en die natuurlike rykdom van die land met die swartes deel nie.” (bladsy 399).

Verne Harris, Mandela se hoofargivaris. kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Terwyl Harris by die Universiteit van die Witwatersrand werksaam was is hy gevra om Mandela se dokumente “te help regmaak”.

Harris beskryf homself as ‘n ideoloog eerder as ‘n argivaris en hy sê in ‘n onderhoud hy wou die argief se “politieke moontlikhede uitbuit”.

Hy het ook vroeër Mandela se bande met Israel te sterkste ontken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.