Vrydaggesprek met Hans, die Vloeker

vloeker

deur Thys Human

Doer in Stalinbos is daar ‘n bekende aktivis oor veral godsdienssake met die naam Hans Pietersen. Hy het veral bekend verwerf toe hy aksies teen godsdiensonderrig by skole oorgeneem het ná George Claassen skielik en vinnig die aftog geblaas het. Hans het selfs ‘n boek uitgegee onder die titel: Die vrese van ons vaders: Geloof, onderrig en die Afrikanerkind.

Hans is baie lief om op sy eie Facebook allerhande foto’s en sketse van homself te plaas. Bietjie baie narsisties, maar elkeen van ons het maar sy foute! Hans en ‘n paar van sy vriende is ook lief om allerlei dinge op sekere webblaaie en FBs te plaas en ek het veral probleme met hom begin optel toe ek sy groot liefde vir Mandela hier oor die begrafnistyd begin aanvat het. Sommer van pure asprisgeit het ek toe annerdag vir hom Sunette Bridges se jongste lys van wittes wat verlede jaar aangeval, vermoor en gemartel is – meer as 200 gevalle in die jaar – aangestuur.

Maar waar ontplof onse Hans. Hy wys my daarop dat baie meer swartes deur swartes vermoor en aangeval is, en toe ek weer stel dat mense soos Sunette en ek gereeld daarop wys en dit ook betreur, beskuldig hy my eers daarvan dat ek nie die statistieke wil aanvaar nie. Toe ek hom vra om vir my dan syfers te gee van hoeveel swartes sommer net deur wittes aangeval en vermoor is, is hy eers woedend. Hy voer toe ook sommer aan dat van die aanvalle op wittes is oor die grond wat wittes by swartes gesteel het.

Laasweek loof hy weer vir ou Max du Preez oor die se nuwe werk wat glo die titel “Rumour of Spring” het, en ek skryf vir hom dat dit eerder “The Winter of our Discontent!” behoort te heet! Hans vlieg net daar weg en beweer ek het nie sy vraag oor statistiese gegewens beantwoord nie en voeg by: “Feit is, jou rassisme is gegrond op sentiment, nie rede nie. Jy, Sx en Steve gebruik feite soos ‘n dronkie ‘n lamppaal gebruik – vir ondersteuning in plaas van verligting. En terwyl jy luister: uit die statistiek wat ek aanhaal is daar geen aanduiding van ‘n aanslag teen wittes nie. Hoekom kleef jy dan aan die mite? Omdat dit jou pas, of omdat jy te dom is om statistiek te ontleed?”

Weens ander verpligtinge sien ek die antwoord eers Vrydag en ek antwoord toe: “Hans, ek dink jy is nie dom nie – net domastrant, en dis byna dieselfde! Lees nou mooi: Ek weet van al daardie statistiek wat jy aanhaal. Ek en andere – onder wie Sunette en Steve – sê aanhoudend dat die moord- en aanvalsyfer van swart op swart ook heeltemal te hoog is. Die gebrek aan respek vir enige lewe is skrikwekkend. Die syfers wat Sunette aangehaal het, is baie spesifiek: dit gaan oor aanvalle deur swartes op wittes die afgelope jaar. Dit gaan nie net oor boere op plase of mense met net Afrikaanse vanne nie – dit gaan oor alle gevalle waar wittes aangeval – en gemoor en gemartel is. Jy kan nou maar draaie gooi soos jy wil en verskonings maak wat uit die lug gegryp is: die syfers is sorgwekkend – veral as ‘n mens dan vra hoeveel gevalle was daar van wittes wat swartes so aanval en martel? Self kan ek nie een geval onthou nie – daar was pogings om sulke gevalle aan te bied, maar toe blyk dit dit is gevalle waar boere op stropers en willddiewe geskiet, ens. As jy beskik oor ‘n bron waar sulke syfers gegee kan word, gee dit asb. En om hierdie kommer oor die aanvalle as rassisties te bestempel, is nie alleen onwaar nie, maar tiperend van jou liederlike ingesteldheid teenoor wittes. En nou het jy hierbo êrens nog viesliker geword deur te beweer dat die aanvalle onder meer is omdat wittes swartes se grond gesteel het. Jy lieg, ou Hansie. Jy lieg nie alleen nie – jy hits eintlik swartes aan om wittes aan te val want grond is glo gesteel. Ek dink jy kan met reg as ‘n medepligtige aangekla word as daar weer ‘n geval kom van ‘n wit boer wat aangeval word – veral een wie se grond onder ‘n grondeis staan. Ek was in my laaste werksjare onder meer by die Kommissie op die Herstel van Grondregte (onder Joe Seremane). So hard as wat die kommissarisse ook al probeer het, kon hulle nie een geval kry van waar swartes se grond “gesteel” en aan wittes oorgedra is nie. Daar is stapels leggers en dokumente wat wys dat in elke geval van onteiening is swartes nie alleen met kontant vergoed nie, maar ook met meer grond as wat hulle gehad het – net elders. Dis hoekom ek sê jy lieg – en jy doen dit net om op die Afrikaner te spoeg en te vloek. Nou wil ek mooi vra dat jy asb. in die toekoms al jou skrywes in Engels doen – en die Afrikaner uitlos. Jy wil nes ou Max nie ‘n Afrikaner wees nie, maar jy wil op hulle vloek en skel. Skei uit.”

Hans antwoord: (Hans Pietersen 02:52 NM)

“Jy rammel kak af soos ‘n draaiorrel maar ignoreer my data en vrae – tipies. En dan probeer jy vir my sê wat ek moet doen? Vlieg in jou moer in. Ek sal graag in Engels skryf, eerstens omdat ek kan en tweedens om die wye wêreld te vertel watse fucked up dose julle rassiste is. Oor hierdie onderwerp is die wêreld aan my kant. Skryf maar julle droom van ‘n wit land op julle magies en vee dit met julle Voortrekkerkappies af.”

Ek antwoord: (Thys Human 02:54 NM)

“Een van my probleme met jou en jou Stellenbosse vriende is dat julle my taak bemoeilik om dit by Afrikaners tuis te bring dat alle Afrikaners nie godgelowiges is nie. Daar is heelwat mense soos ek wat as ateïste bestempel word, maar kulturele en volksgebonde Afrikaners is – en WIL wees. Maar dan is hulle vinnig om vir my uit te wys hoe mense soos jy en Claassen en daai simpel paleontoloog op US ook ongelowiges is wat op die Afrikaner vloek en skree. Ek sal dit waardeer as jy – en jou vriende – nou ophou om Afrikaans te gebruik – dis nie meer JULLE taal nie. Gebruik liefs Kaaps. Groete”

Hans 02:55 NM: “Jy’s ‘n poes. ‘n Wit ene.

Thys 02:55 NM: “Sien jy wat ek bedoel! Die oomblik as jy vasgevat word, begin jy vloek en skel! Foeitog.”

Daar was nog ‘n vloekwoord of twee, maar voordat ek dit kon kopieer (soos die aanhalings hierbo) sluit hy sy FB.

As iemand wat wel toegang het tot sy FB hom wil vertel dat ek hom sy gevloekery hier op Praag aangehaal het, sal ek dit nogal verwelkom. Maar wees maar gereed vir die blou dampe wat kan ontstaan!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Eric Bornman

    Mooi skrywe Thys, ek het n paar woorde geleer vandag, sjoe, die Hans het baie kultuur. is Hanswors dalk deur Maksie geskool?
    Einaardig dat mense soos ek, wat selfbeskikking nastreef, dadelik as rassisties of ver-regs uitgeskel word……

    Dit bly n keuse met wie ek wil meng.

    Is Hanswors se vrou swart of is hy te veel van n rassis om n swart vrou te trou?
    Afrikaans is n lekker taal jy kan iemand vloek in enige plek in die wereld en hy/sy sal verstaan, soos wat Hanswors hierbo gebruik het.

    • Rooikop

      In daardie geldere dalk met ‘n swart man getroud?

  • Riempies

    Sy taalgebruik laat my dink dat hy n kleurling is.

    • Krisjan Lemmer

      Nei meddem n kleurling so geskryf het “djy is n ……so en so en n wit een”…….dalk is sy gebruik van die word ene in plaas van een n aanduiding van sy herkoms , dalk die tamatiekis tipe ie;hy is sommer hier om die draai agter n bos aanmekaar gespyker.

  • Trippie

    Dagsê Thys :

    EERSTENS ! Ek, as Christen, wil vandag vir jou baie dankie sê dat jy dit nog nooit nodig gevind het om te laster hier op Praag waar enige van ons aanstoot sou kon neem nie ! BAIE DANKIE !

    TWEEDENS ! Dankie dat jy ook in jou skrywe aan Hans die Vloeker, krediet gee aan Sunette en Steve, en laat jouself nie uit nie.

    DERDENS ! Ek dink elkeen van ons deel jou sentiment 100% wat kulturele en volksgebonde Afrikaners is ! Eendrag maak mag.

    LAASTENS ! Hans die Vloeker is seker enige matroos se nagmerrie … dink hul woordeskat (vir wat dit werd is) kan aansienlik uitbrei met Hans in die geselskap.

    Dankie vir jou skrywe.

    • jan

      Ja baie dankie Thys vir jou skynbare kentering tov julle anti-gotters se vyandigheid jeens Christen Afrikaners.

      Dis op rekord hoedat ek vir jare julle gewaarsku het om julle opswepery van die heidense barbare teen sagte Christen teikens , te staak.
      Jy weet mos die ding waarmee Natpress reeds dekades besig is: Eers Wimpie de Klerk se breindrek van Verkramp en Verlig,en sg Inligtingskandaal skandaal Jonathan Crouwter se Reitz opkotsel en Hans se haatspraak teen christelike skole alles deel van die anti-Afrikaner strategie. Die wit Melena projek selfs hier op Praag.kommentare.

      Immer Kiel die Boer kiel die Christian. Jy weet mos Thys.al die gevegte wat ek hieroor gehad het.

      Nou het die wonderwerk gebeur en oom Thys vat sy antigotter Hans kameraad met mening aan dat ek verstom staan oor die eerlike logika daarvan.naamlik

      As julle nie by die 90% Christen gelowiges inval nie dan is julle reeds in julle paganistiese [heidense] paradys van ‘n reenboog kleurling kultuur van die NP NNP.se Tsafenastan.

      Maar jy is baie welkom tussen ons Christene onge-ag jou geloof of ongeloof – en ek is seker jy kan ‘n positiewe bydrae lewer AS JY WIL.

      Wie kyk na julle in die Aftree-oorde? Christene of heidene Kleurlinge Swartes of Wittes? Hmm?

      • ThysH

        Jors, gaan drink jou pille – jy is pal deurmekaar.

  • david ras

    Thys, die man klink soos ‘n tipiese Marxis–nie die een met die agtervoegsel Du Preez nie, nee die werklike een.
    In sy boek “Intellectuals” vertel die beroemde Historikus Paul Johnson dat Karl Marx dieselfde taktiek gevolg het wanneer iemand hom teegaan of verkeerd bewys. Volgens Johnson het hy sy beste vriend so verjaag.
    Ek wonder hoeveel “vriende” het hierdie ou ?
    Miskien moet ons vir Abel vra om hom op ‘n (vir hom verstaanbare) wyse te gaan reghelp.

    • ThysH

      Ek het in my laaste inset wat dit toe nie na sy webblad gehaal het nie, gese dat hy ‘n sterk kandidaat vir ‘n goeie snotklap word!

      • Puma0163

        Thys, die ou is een van die wat dit nie in jou gesig sal sê nie. Hulle is gewoonlik lafaards!

        • Willy

          Met jou stem ek saam Puma en wanneer ‘n wildvreemde jou moeder waarvan jy ‘n heilige respek het haar vloek onder die klere in is dit onvergeeflikik!

      • Rooikop

        In sy taal ‘n PK 🙂

      • Willy

        Met alle respek gesê ThysH. Dis nie net van snotklap gee nie, jy moet ‘n snotklap kan vat as jy ‘n snotklap probeer uitdeel! Letterlik gesproke.

  • Götterdammerung

    Oom Thys ek wag darem nou al ‘n lang tyd vir ‘n rubriek van jou af – lekker man, lekker. ‘n Vinnige soektog op ‘n soek-enjin lei my toe daartoe dat Hans Pietersen oud-adjunkredakteur van Naspes se Die Burger is en tans ‘n dosent aan joernalistik aan die Universiteit van Stalinbos is. (Ek hoop ek het die regte Hans Pietersen beet alhoewel sy voorliefde vir Maxipad my daartoe lei om so te glo). In ag genome dat Stalinbos ‘n broeiplek is vir hierdie Kruiperkaner tipe is dit dan geen verrassing dat hy homself in so ‘n gemaklike posisietjie bevind nie – soort soek tog soort.

    Dit herinner my toe aan my gedagtes oor die patetiese stand van sake aan Akademia in hierdie land; ‘n hele rits van hierdie liberaal gestremde sikofante is mos verbonde aan Universiteite o.a. Piet Kopdoek en die einste Maxipad. Dit is hiernamaals heel duidelik Akademia nie meer oor die skolastiese dors na kennis gaan nie maar eerder die gerieflike broeiplek geword het van Soialistiese sosiopate (narsassisme is maar een van die kenmerke van ‘n Sosiopaat) wat nie opvoeding in hulle sig het nie maar om die toekoms van môre te indoktrineer om ‘n Sosialistiese ideologie as normaal te aanvaar. Dit is aldus geen verrassing dat daar so baie studente in die Sosiale Wetenskappe is wat geen snars toevoeg tot die land nie en hulself in frustrerende dood-loop werkies bevind.

    Ook geen wonder nie want as ek so na die kalant se taalgebruik kyk is hy maar ‘n oppervlakkige wesetjie wat net funksionerende morone kan produseer uit die kwotastelsel wat die regime hom toelaat – en by regime verwys ek nie net spesifiek na die regime wat die land regeer soos hulle eie hoenderhok nie

  • Sjert

    Weinig twyfel dat hierdie trut, net soos sy geesgenote, ‘n gereëlde leser van Praag is. Daarom is dit nie eers nodig om via Gevreetboek vir hom te vertel dat hy en sy sotlikhede ook op Praag verskyn nie.
    Ek dink dat Pietersen, Claassen, du Preez, Timmie, Lapkop, Naspers en die res van daardie ou spulletjie bedrieërs se rolle vroeër, eerder as later, uitgespeel gaan wees.
    Namate die Rand en die ekonomie van hierdie droewe land in die hek duik, gaan alhoemeer Afrikaners alhoeminder van hierdie kommintatorre se perderolle koop. Om nie eers van daardie tye te praat wat net om die draai lê en wag, wanneer die bokspringende veelwywer met sy Mr Price tekkies en sy twee derde meerderheid, hierdie Afrikastaat finaal in sy wetter in ‘bestuur’ nie.

  • Arnieann

    Een van daardie soort vente wat nie self standpunt kan inneem nie, en deur die winde van grootste steun aangewaai word. Geen idee waarheen hy gewaai word nie, maar as jy hom vra in watter rigting hy nou eintlik gaan, dan ontplof hulle.
    Dit maak nie saak nie, want hy is net saam êrens heen, want meeste ander is ook op pad daarheen.

    • Rooikop

      Hulle raak so kwaad van hulle word uitgevang – gorrel en napraat om steun te wen maar weet nie waar besef ook nie hulle storie is warm lug nie.

  • henkst

    Thys, Hans is te onnosel om tussen geloof en Afrikanerskap te onderskei.
    Afrikanerskap het niks met geloof uit te waai nie. Dit is ‘n genetiese gedragslyn, wat deur humaniste ontken word. Bloed is tog dikker as water, soos die ou spreekwoord sê.

  • Rooikop

    10 uit 10 Thys. Hulle wil nou maar eens net nie ‘n “goeie storie” met feite bederf nie. Ek hoop van harte jy het kopieë van daardie bevindinge by die komissie gehou want jy weet mos hoe papier in hierdie land “verdwyn” – dit brand mos sommer soos munitoria so ‘n paar jaar gelede.

    • ThysH

      Ongelukkig het ek nie kopiee van daardie verslae nie, Rooikop. Te veel. Letterlik duisende. En ek is bevrees dat van die mense wat in die goeie ou tyd met die sake gewerk het, soos Oom Mac, is nie meer met ons nie.

      En die grondkommissie (selfs van destyds, maar veral deesdae) stel nie in die minste belang in daardie leggers nie want dit kan hulle bestaan gou onsinnig maak. Kanse is die goed is lankal vernietig. Dis een rede hoekom ek, waar ek kan, die feite op die tafel sit – dalk sal julle jongeres dit onthou en vorentoe aanhaal.

      Oom Mac het eendag die storie vertel van hoe hulle hier erens na Rustenburg se kant besig was om sinkplaatkrotte af te breek en op die lorrie te laai wat dit dan wee5r op die nuwe blyplek sal opslaan – maar nadat die bewoners reeds ‘n stywe bedrag kontant vir die sinkplate gekry het. Daar staan een van hulle so eenkant toe en oom Mac vra vir hom of hy een van trekkendes is. Nee, hy het maar net by ‘n familielid kom kyk wat aangaan. O goed, se^ oom Mac, hier is vir jou R5 – jy het ook nie meer ‘n eis nie! (R5 was in daardie dae goeie geld.)

      • Rooikop

        Dit is jammer daar is nie papierbewyse in ons mense se hande nie – maar so is dit met baie dinge. Dankie in elk geval dat jy hierdie met ons deel dat ons soos jy sê darem die feite kan oorvertel.
        Die storie van oom Mac is ‘n goeie een!

        Een van my vrou se vriendinne se pa was ‘n voorman op ‘n groot plaas wat as deel van so ‘n grondhervorming aan die volk oorgedra is. Sy het laasweek fotos op bakkiesblad geplaas oor hoe dit nou daar lyk. Skokkend as jy aan westerse standaarde gewoond is.
        Wat die regering uit die oog verloor is dat mense nie waardeer of oppas waarvoor hulle nie self met hulle eie bloed en sweet gewerk het nie so ALLES wat hulle net so ontvang gaan dieselfde afdraende pad loop. (Ek dink die volk het ook nie vreeslik waarde aan goed waarvoor hulle hard gewerk het nie as ek maar net kyk hoe hulle hul peperduur voertuie oppas)

  • Rooikop

    Kokkerotte is ook bestand teen kernaanvalle – sug.

  • ThysH

    Snaaks, maar ons voorvaders, die Germane, het niks geweet van die Bybel nie – en Wotan, Thor en Freya aangehang. En van ons latere stamouers, onder wie die Angels-Saksers wat Engeland toe padgegee en daar oorgevat het, het verwoed teen die Roomse katolieke geveg – lank voor Luther en Calvyn so effens van Rome begin verskil het!

    Dis alles in die gene, Nico!

    • jan

      En daar wys Thys sy genetiese minderwaardigheids kompleks. Hy moet nog geestelik evolusinêr ontwikkel want hy haak prehistorries.vas.by Nitzche en Tsafendas

      Suustog nou soek hy skuiling by die futuristiese Calvinistiese beskawing se oorleweingsbeginsels.

      Ek het regtig gedink jy is nie so dom nie. Hmm oom Thys?

      • ThysH

        Jors jou pille! Ons praat nie nou oor Nietzsche of bodes nie!

    • jan

      Satan is ook in die gene – veral die anti-gottres syne
      Oom Thys jou linnen savers!!

  • henkst

    ʼn Afrikanerbees is ‘n afrikanerbees weens sy genetiese samestelling en geen geloof sal van hom ‘n fries of ‘n jersey of wat ook al maak nie!
    Geloof is iets waarin jy glo of waarmee jy geïndoktrineer is.
    Wie was die skepper van die NP se christelike nasionale beleid en wat het daarvan geword?