SA se brein-drein omgekeer sê arbeidsmarkekonoom

Deel op

breindreinSuid-Afrika se brein-dreinprobleme is omgekeer oor die afgelope paar jaar, deels te danke aan swak ekonomieë elders, sê Adcorp se arbeidsmarkekonoom Loane Sharp.

‘n Adcorp-indiensnemingsverslag wat Maandag vrygestel is, toon dat sedert die wêreldwye finansiële krisis begin het in 2008, ‘n netto 359.000 hoëgeskoolde Suid-Afrikaners uit die buiteland teruggekeer het.

Suid-Afrikaners wat 10 jaar gelede geëmigreer het tydens die wêreldwye ekonomiese opbloei tussen 2004-2008 oorskat hul werksekerheid in Engelssprekende lande, het hy aan die Businessday gesê .

Hulle het deur hul werwingsdatabasis ‘n beduidende verbetering in die aantal Suid-Afrikaners wat terugkeer uit die buiteland en op soek is na werk hier opgemerk.

Sharp het gesê “byna almal” wat terugkeer het werk gekry en die werkloosheidskoers vir ‘n hoëgeskoolde is so laag as 0,4 %.

Sowat 52% van die terugkerendes vul bestuursposisies wat “die mees kritieke tekort van enige vaardigheid in Suid-Afrika toon”.

Professionele lui soos prokureurs, dokters , ingenieurs en rekenmeesters, is 37 % van die terugkerendes.

Sharp sê die plaaslike koopkrag in Suid-Afrika is veel hoër as in ander, duurder lande.

Die positiewe tendens sal waarskynlik voortduur totdat die globale ekonomie herstel, wat nie binnekort gaan wees nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.