Kaapstad as voorkeurvakansiebestemming aangewys

Deel op

table+mountainDie Wes-Kaapse minister van Toerisme, Alan Winde het die nuus verwelkom dat Kaapstad as van die voorste vakansiebestemmings aangewys is deur ‘n Britse asook Amerikaanse koerant.

Die Guardian sowel as die Amerikaanse New York Times in ‘n artikel, “52 Plekke om te gaan in 2014”, het Kaap aanbeveel by toeriste.

Die New York Times het Kaapstad in sy artikel ook verbind met oudpresident Nelson Mandela.

Die Guardian het in sy artikel Kaapstad se moderne restaurante en kuierplekke uitgelig.

Kaapstad is ook ‘n “pienk” bestemming, vir die sogenaamde LGBT-gemeenskap.

Winde sê die erkenning sal help Kaapstad se status as ‘n aantreklike bestemming verhoog. Hy het bygevoeg dat dit die Tuinroete sal insluit.

Die New York Times het ‘n sirkulasie van sowat 2 miljoen lesers per dag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.