Amcu reik stakingskennisgewing uit vir Implats

Deel op

amcuAmculede is van plan om op te hou werk by Impala Platinum (Implats), die tweede grootste platinumprodusent in die wêreld, ná ‘n stem ten gunste van ‘n staking oor lone.

Die vakbond het Maandag ‘n 48-uur-stakingskennisgewing aan die mynmaatskappy uitgereik.

Amcu is vroeër toestemming gegee van ‘n staatsbemiddelaar om arbeidsaksie van stapel te stuur by Implats, Anglo American Platinum en Lonmin.

Gelyktydige stakings by al drie platinum maatskappye sal ten minste die helfte van die globale produksie van die metaal tref en kan soveel as twee-derdes van Amplats se gesamentlike ondernemingsbedrywighede raak.

Die president van die mynwerkersvakbond Amcu, Joseph Mathunjwa het vakbondlede in Noordwes gevra om nie die vakbond te verlaat nie. Hulle dreig om uit die vakbond te onttrek weens beloftes wat wat die voorsitter glo nie nagekom het nie.

Mathunjwa is vroeër deur vakbondlede by Impala se Skag Ses ontbied, weens die ontevredenheid oor beloftes van verhogings en ‘n landwye staking.

Hy het egter aan die meer as vierduisend werkers ‘n sertifikaat gewys wat hulle toelaat om te begin staak. Verdere vergaderings word vir dié week beplan.

‘n Woordvoerder vir Amcu, Jimmy Gama, wou nie sê hoeveel die werkers vra nie en of hulle gaan afsien van hulle eis dat die basiese loon verdubbel moet word nie.

Mathunjwa sê intussen die beskuldigings teen hom is ongegrond en kwaadwillig, en Amcu sal veg vir ‘n beter salaris vir sy lede.

Die Rand kan onder verdere druk geplaas word weens die salarisstaking by Implats.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.