Na die dood van Ariel Sharon, het Isreal sy sekuriteit vir die voormalige Eerste Minister se begrafnis naby die grens van Gasa verhoog.
Die Amerikaanse vise-president Joe Biden sal die begrafnis bywoon.
Sharon is op die ouderdom van 85 Saterdag oorlede ná agt jaar in ‘n koma wat veroorsaak is deur ‘n beroerte.
‘n Roudiens sal in Jerusalem gehou word Maandag in die Parlement en ‘n middagbegrafnis naby die Sharon familieplaas sowat 10 km van Gasa.
Die Verenigde State van Amerika was onder 18 lande wat afvaardigings sal stuur na die staatseremonie vir Sharon in Jerusalem.
Die Wit Huis het gesê Biden sal ook na die begrafnis by Sycamoreplaas se Poppy Hill, in die suidelike Negev-woestyn, gaan.
Gedurende sy kort besoek aan Israel sal Biden poog om die vrugtelose diplomatieke vredespogings met die Eerste Minister Benjamin Netanyahu en President Shimon Peres te bespreek, Amerikaanse amptenare gesê.
Biden word deur Israel en sy Amerikaanse ondersteuners beskou as een van die land se beste vriende in Washington waar hy die Senaat se Buitelandse Betrekkingekomitee as voorsitter gelei het voor hy vise-president geword het.
Obama het onlangs na Suid-Afrika gereis om ‘n gedenkdiens vir die voormalige president Nelson Mandela by te woon, die enigste reis van die soort wat hy onderneem het as president.