Metropolisie wat kontant roof vas

Deel op

moneyTwee lede van die Tshwane Metropolisie wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n motoris van R500.000 kontant beroof het, verskyn vandag in die Pretoria-Noord landdroshof.

Na bewering het die twee die motoris op die N-1 naby Hammanskraal weens ‘n spoedoortreding vasgetrek.

Terwyl hulle die motor deursoek het, het hulle op die kontant afgekom en die voertuigbestuurder gedreig dat hulle hom vir geldwassery in hegtenis gaan neem.

Volgens die woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, Isaac Mahamba het hulle ‘n deel van die geld geneem en die bestuurder beveel om te ry. Die twee staar ook skorsing in die gesig. -RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.