‘Hulp aan Afrika is dom en gevaarlik’

Deel op
Paul Theroux
Paul Theroux

Volgens Dambisa Moyo , ‘n Oxford-ekonoom en voormalige konsultant vir die Wêreldbank, is daar die afgelope halfeeu meer as $2 triljoen in Westerse hulp aan arm lande geskenk.

Sedert die 1940’s is ongeveer een triljoen dollar in geldelike steun aan Afrika alleen oorgedra.

Dr Moyo voer in haar blitsverkoperboek van 2009, Dead Aid: Why Aid Is Not Working and How There Is a Better Way for Africa, aan hoekom dit grootliks geldmors is.

Die boek van dié Zambiese boorling het op die New York Times se blitsverkoperlys verskyn en daarin toon sy aan hoe Westerse hulp die belofte van volhoubare ekonomiese groei en die vermindering van armoede geensins oplos nie.

Moyo sien nie ‘n korrelasie tussen hulp en ekonomiese groei ie, anders as wat byvoorbeeld die Ierse popsanger Bono sou hoop.

“Oor die afgelope dertig jaar,” skryf sy, “het die meeste hulpafhanklike lande groeikoerse van gemiddeld minus 0,2 persent per jaar getoon”.

Tussen 1970 en 1998 het hulpgeld na Afrika ‘n hoogtepunt bereik , maar in dieselfde tyd het armoede op die vasteland eintlik opgeskiet van 11 persent tot ‘n skokkende 66 persent.

Dit sou ‘n eufemisme wees om te sê dat Moyo en haar boek die hulpgemeenskap die harnas in gejaag het deur hulle fiksie oor hul eie voortrefllikheid en goedheid teenoor swartes te ontbloot.

Maar Moyo is nie die enigste prominente ekonoom wat ‘n swak vertoning van Westerse hulp-programme oopgevlek het nie.

William Easterly, voormalige seniorekonoom by die Wêreldbank, het bevind dat hulp feitlik geen impak op ekonomiese groei in die ontvangerlande maak nie.

In sy boek The White Man’s Burden: Why the West’s Efforts to Aid the Rest Have Done So Much Ill and So Little Good (Penguin, 2007),skryf Easterly, “tussen 1950-2001 het lande met ondergemiddelde hulp dieselfde groeikoers as lande met ‘ n bo-gemiddelde buitelandse hulp getoon.”

Easterly voel dit ondersteun die leuen, algemeen onder voorstanders van buitelandse hulp, dat arm lande hulp van ryk lande benodig om te ontsnap van die “armoede lokval.”

In die geheel gesien, skryf hy, “het swak lande sonder hulp geen probleme met positiewe groei nie.”

Hoe kan dit wees dat so baie geld so min goed doen?

Easterly argumenteer dat baie van die geld vir verbruik gaan eerder as vir kapitale belegging wat nodig is BBP te verhoog.

In werklikheid, het ‘n studie deur die London School of Economics se ekonoom Peter Boone bevind dat Westerse hulp absoluut geen effek op die soort belegging het nie.

Baie van die hulpgeld wat bedoel is om te gaan na die armes van Afrika, beland in die skatkis van die vasteland se korrupte regerende elite.

In 2002 het ‘n studie deur die Afrika-Unie beraam dat korrupsie die vasteland ongeveer $150 miljard ‘n jaar kos.

Vergelyk dit met meer as $22 miljard in steun aan lande in sub-Sahara-Afrika in 2008 alleen volgens die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD ), en ‘n mens kry ‘n gevoel van hoe endemies en verlammend korrupsie werklik is .

Baie van die geld wat spandeer word aan hulp aan Afrika, word eenvoudig vermors.

Vra net vir Paul Theroux , wat in “The Rock Star’s Burden,” NewYork Times, December 15, 2005, ‘n vernietigende kritiek van die Westerse hulp in die algemeen en Bono in die besonder, lewer.

Theroux argumenteer dat “die indruk dat Afrika noodlottig gefaal het en slegs deur hulp van buite gered kan word … is ‘n vernietigende en misleidend gedagte,” wat blywende skade aan swartes aanrig deur die bevordering van ‘n kultuur van afhanklikheid en magteloosheid om die openbare profiele en buitensporige ego’s van bekendes en politici te streel.

Theroux sê die “meer geld”-benadering van mense soos Bono, het heeltemal misluk. “Meer geld wat op dieselfde ou manier oorhandig word, is om nie ‘n verkwisting nie, maar dom en gevaarlik.”

Dom en skadelik. Dit is die mening van ‘n man wat die resultaat van hulp in oorvloed gesien het.

Malawi , sê hy, is tans “erger opgevoed, meer geteister deur siekte en slegte dienslewering, armer as wat dit was toe ek daar gewoon en gewerk het in die vroeë 60s.”

En Malawi se haglike toestand tans is nie ‘n gevolg van onvoldoende buitelandse hulp nie. “Malawi is die begunstigde van duisende buitelandse onderwysers, dokters en verpleegsters, en groot bedrae finansiële hulp, en tog het dit van ‘n land met ‘n belofte tot ‘n mislukte staat gevorder.”

Ongelukkig is die bewyse oorvloedig dat hulp aan Afrika min verskil gemaak het aan die verbetering van hul ekonomieë.

Trouens, baie gebiede van die vasteland is nou slegter af as wat hulle was dekades gelede was, voor die sluise van die Westerse hulp ten volle oopgetrek het en Apartheid afgeskaf is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.