Gewone verdagtes vir Mandela-aanbidding vereer

Deel op
Biddende Bono
Biddende Bono

Ierse rock-groep U2 het Sondag die Golden Globe-toekenning vir “die beste oorspronklike lied” in die film Mandela: Long Walk to Freedom losgeslaan.

Die toekenning is ‘n bietjie publisiteit vir ‘n rockgroep wat baie steun en aansien verloor het na ‘n skandaal die groep in 2010 getref het oor sy aanwending van liefdadigheidsfondse.

Dié Globe-toekenning aan die verklaarde politieke aktivis en Mandela-aanbidder Bono, het die vermoede verder versterk dat die fliek eerder deel maak van ‘n uitgebreide anti-wit politieke projek as wat dit vermaak is.

Hollywood is ook ‘n groot ondersteuner van president Obama.

Die toekenning is tydens ‘n lewendige uitsending vanaf Beverly Hills gemaak.

“Sjoe. Sjoe sjoe sjoe . Dit is ongelooflik. Ons het sedert die sewentigerjare vir president Mandela gewerk, sedert ons tieners was, toe ons ons heel eerste konsert teen die apartheidsbeweging gehou het, so dit het ons 35 jaar geneem om hierdie liedjie te skryf,” het die kitaarspeler gebieg.

“Dit is regtig baie persoonlik vir ons, baie, baie persoonlik, ” het Bono, die hoofsanger van U2, gesê. Bono is die produk van ‘n Ierse Protestantse sowel as Katolieke familie.

Bono se winsgewende ONE Stigting was reeds in die nuus nadat dit bekend geraak het die organisasie $14.993.873 uit openbare skenkings verdien het waarvan slegs $184.732 (of net meer as een persent) aan liefdadigheid gegaan het.

Die res, meer as $8.000.000 het salarisse vir uitvoerende beamptes en werknemers by ONE betaal en in Bono se sak geland.

Die stigting word ruim deur Amerikaanse politieke figure en miljardêrs ondersteun om “armoede in Afrika te verlig”. Bono werk al sedert 1985 “onverpoos” daaraan.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.