
‘n Nuwe politieke party, die African United Front, sal na verwagting die politieke arena betree deur aan vanjaar se algemene verkiesing deel te neem.
Die party is opgerig deur lede van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag.
Dit is na bewering in September verlede jaar by die OVK geregistreer.
Die partyleier Ronnie Sauls sê hulle hulle sal aan die verkiesing in al die provinsies deelneem . Hy sê hulle wil armoede en misdaad beveg, asook werkgeleenthede te skep in hul gemeenskappe.
“Ons staan vir aanspreeklikheid, ons staan vir deursigtigheid, ons staan vir menslike waardigheid en ook goeie bestuur, net om by te voeg ons is hier vir liefde, vrede en voorspoed.”
Intussen het die president van Cope , Mosiuoa Lekota , gesê hy wil ‘n robuuste en spelbreker-opposisie sien.
Hy is het die leierskapstryd van die party gewen by COPE se konferensie in Boksburg aan Gauteng se Oos- Rand hierdie naweek.
Die konferensie het bevestig dat Lekota as COPE se onbetwiste leier dien nadat hy ‘n lang hofstryd teen die party se ander mede-stigter, Mbhazima Shilowa gewen het.