Loongeskilsamesprekinge by Zondereinde-myn hervat

Deel op

northamDie mynwerkersvakbond NUM en die bestuur van Northam Platinum se Zondereinde-myn suid van Thabazimbi, sal samesprekings hervat te midde van die staking wat reeds drie maande duur.

Die staking het reeds R500 miljoen aan verlore inkomste gekos, en werkers het R100 miljoen aan lone afgestaan. Dit kom neer op ‘n kwart van die jaar se produksie wat nog nie gemyn is nie.

Northam is Suid-Afrika se vierde grootste platinumprodusent.

Die twee partye sal byeenkom om die loongeskil te probeer oplos. Sowel die vakbond as die bestuur het die hoop uitgespreek dat ‘n ooreenkoms bereik kan word.

Dit is die enigste myn waar NUM steeds die meerderheidsvakbond is. Amcu het ‘n jaar gelede die posisie as die dominante vakbond in die platinumbedryf oorgeneem.

Northam het vroeër ‘n verhoging van nege persent aangebied wat NUM verwerp het, terwyl die werkers 16% eis en ‘n verdere verhoging van 69% in toelaes.

Die bestuur het die eis as buitensporig beskryf.

Intussen het die mynwerkersvakbond, AMCU berigte ontken dat ontevrede lede wil wegbreek om hule eie vakbond op te rig.

Daar is glo beswaarde groepe in Rustenburg wat van plan is om hul eie vakbond te stig.

Amcu is die meerderheidsvakbond by Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin-myne en ontevredenes daar sê die voorsitter, Joseph Mathunjwa, het nie enige van sy beloftes nagekom nie.

Amcu het sy bestaan te danke daaraan dat ontevrede lede voorheen van die NUM af weggebreek het.

‘n Nasionale koördineerder van Amcu het egter gesê die dreigemente van die sogenaamde wegbreekgroep is moeilikheidmakers wat die vakbond wil saboteer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.