Skoor sê Thandi se duur Duitse wa buitensporig

Deel op
Thandi het geen saak met die armes nie
Thandi het geen saak met die armes nie

Die LUR vir Openbare Werke en Vervoer in Noordwes, Raymond Elisha sê die aankoop van ‘n nuwe motor vir die premier, Thandi Modise is deur die opposisie en sommige lede van Skoor tot politieke speelbal gemaak.

Elisha moes die omstrede aankoop van die voertuig aan Noordwes se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge verduidelik.

Die luukse Duitse voertuig ter waarde van R1.3 miljoen is laat verlede jaar gekoop.

Die aankoop is gekritiseer omdat dit strydig is met die besnoeiingsmaatreëls wat die minister van Finansies in Oktober in sy mediumtermyn-begrotingsoorsig aangekondig het.

Die LUR hou vol dat die premier ‘n nuwe voertuig nodig gehad het omdat die vorige een probleme gegee het.

Skoor se provinsiale voorsitter, Patrick Chauke sê egter die prys van die motor is buitensporig.

Chauke sê die motor is eers in November bestel, ná die aankondigings oor besnoeiings gedoen is. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.