Die kragvoorsiener, Eskom werk onverpoosd om elektrisiteitstoevoer aan sowat 30.000 kliënte aan kusgebiede van die Oos-Kaap te herstel nadat dit gistermiddag deur ‘n storm getref is.
Verskeie dorpe langs die R72-pad is sedertdien sonder krag. Dit sluit in Peddie, Hamburg, Wesley en Mpekweni.
‘n Woordvoerder vir Eskom, Ntombekhaya Mafumbatha sê die krag is reeds by sowat 17.000 kliënte weer aangeskakel, en dat die oorblywende mense vanoggend weer elektrisiteit behoort te hê.
Sy sê in sommige dele sal kragpale wat deur weerlig geslaan is, vervang moet word, wat langer kan duur.
Die groter dorpe, Queenstown en Mthatha is ook deur storms getref.