Swartrenoster-jagveiling in VSA oorval met doodsdreigemente

Deel op

dscDie organiseerders van ‘n Amerikaanse veiling om ‘n swart renoster te jag, word oorval met doodsdreigemente.

Die Federale Buro van Ondersoek (FBI) ondersoek glo die anti-jag organisasies wat mobiliseer teen die veiling.

Maar die Dallas Safari Club, die gasheer van die grootste jagterskonvensie op die planeet, is vasbeslote dat hulle gaan deurdruk met die veiling.

Die klub beplan om Saterdag ‘n jagsafari wat ‘n Namibiese swart renosterbul in die visier het, op te veil.

Die klub het gesê hy verwag dat die jagpermit sal gaan vir enigeiets tussen ‘n kwart en R10 miljoen, wat hulle beplan om te skenk aan bewaringspogings in Namibië.

Die jag is glo goedgekeur deur die Namibiese regering en verskeie bewaringsinstellings.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.