Mislukte ivoortransaksie lei tot vier se dood

Deel op
olifantstropers
Stropers aan die werk

Die Zimbabwiese polisie stel ondersoek in na die dood van vier mense wat naby ‘n wildreservaat geskiet is.

Die liggame van ‘n man en vrou is in ‘n bakkie in ‘n rivierbedding naby die grens met Zambië gevind.

‘n Derde liggaam is naby die voertuig gekry en ‘n vierde liggaam is ‘n kilometer verder onthoof gekry. Al vier is geskiet.

‘n Polisiewoordvoerder sê die moorde was moontlik weens ‘n transaksie tussen stropers en ivoorhandelaars wat skeefgeloop het.

Meer as honderd olifante is verlede jaar deur stropers doodgemaak. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.